Nuwe Puma speel dalk Saterdag nog vir WP

JP Lewis - op die bank vir die WP.

JP Lewis – op die bank vir die WP.

Een van drie nuwe aanwinste wat die Pumas pas aangekondig het, is deur die Westelike Provinsie op die bank gekies vir sy wedstryd Saterdag teen die Griffons in Kaapstad.

Luidens `n verklaring deur die Mpumalanga-rugbyunie (MRU) sluit JP Lewis binnekort saam met nog `n WP-man Devon Williams en `n gewese Puma-stut, Rassie van Vuuren, by die provinsiale groep aan.

Intussen het die vleuel Tyler Fisher onttrek aan die die span wat Saterdag op Arborpark, Newcastle, in die opstelronde van die Curriebeker teen die Sharks-vyftiental speel. Bernado Botha vervang hom en Damien Janse van Rensburg vervang hom op die bank.

Die hoofafrigter, MJ Mentz, het min aan die opdrafspan verander.

Devon Williams - vir Stormers gespeel.

Devon Williams – vir Stormers gespeel.

Die span se puntemasjien, Justin van Staden, is terug op losskakel en vervang Marlou van Niekerk, wat bank toe skuif.

Brian Shabangu is terug op flank in die plek van Nardus van der Walt wat in Carel Greeff se plek agsteman speel. Greeff het griep. Reuben Johannes vervang Shabangu op die bank.

Stephan Greeff vervang Jannie Stander, wat Giant Mtyanda se plek tussen die plaasvervangers inneem. Laasgenoemde het vandeesweek `n knie-operasie ondergaan.

Wat die nuut gekontrakteerde spelers betref, speel Lewis en Williams albei vleuel en heelagter. Williams (24) het drie Superrugbywedstryde (2014) vir die Stormers agter sy naam, en Lewis (ook 24) het in 2010 vir die SA Skolespan gespeel.

Rassie van Vuuren - terug uit Frankryk.

Rassie van Vuuren – terug uit Frankryk.

Ironies genoeg het Lewis vroeër vanjaar die wendrie gedruk toe die WP die Pumas 27-20 geklop het.

Van Vuuren (31), wat in 2007-08 Curriebekerrugby vir die Pumas, die Blou Bulle en die Valke gespeel het, is daarna Frankryk toe waar hy onder meer in die Franse Top14- en die destydse Europese Heienkenbeker-reeks gespeel het. Hy het onder meer vir La Rochelle en Bayonne gespeel.

In nog `n verwikkeling het die bond `n gewese heelagter en losskakel van Grens, Devril Boucher, as junior ontwikkelingsbeampte aangestel.

Hy het Grens se o.19- en o.20-span afgerig voor hy hulpafrigter van die bond se senior span geword het.

Sy o.19-span van 2006 het die latere Springbokke Bjorn Basson en Lwazi Mvovo ingesluit.

devril boucherBoucher het Oos-Londen Polisie afgerig toe dié span verlede jaar die eerste en eniste span dusver van die Grens geword het om die Oos-Kaapse Super12-reeks te wen.

Die span –

15. Heinrich Steyl, 14. Bernado Botha, 13. Hoffmann Maritz, 12. Hennie Skorbinski, 11. Marcello Sampson, 10. Justin van Staden, 9. Reynier van Rooyen, 8. Nardus van der Walt, 7. Lambert Groenewald, 6. Brian Shabangu, 5. Hugo Kloppers (kaptein), 4. Stephan Greeff, 3. De-Jay Terblanche, 2. Frank Herne, 1. Kwezi Mona. Bank: 16. Francois du Toit, 17. Jacques Kotzé, 18. Jannie Stander, 19. Reuben Johannes, 20. Emile Temperman, 21. Marlou van Niekerk, 22. Damien Janse van Rensburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter ·

Ek hoop MJ gee Damien van Rensburg behoorlike speelkans vandag. Die man loop oor van talent en het ‘n seker drie van die Leeus gekeer toe hy op ‘n vorige geleentheid skaars 10 minute speelkans gekry het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.