Nuwe Stormers op George ingespan

Die nuwe Stormers-aanwinste Sergeal Petersen en Raymond Rhule word vir Saterdag se littelosmaker teen die Suidwestelike Distrikte op George al ingespan.

Robbie Fleck, die franchise se hoofafrigter, het 32 spelers gekies vir die oefenwedstryd wat uit vier kwarte sal bestaan.

Die Springbok Damian de Allende is ook in die span ingesluit, wat aan volop belowende jongelinge soos Salmaan Moerat, Juarno Augustus, Eddie Zandberg, Ruben de Villiers, Paul de Wet, Herchel Jantjies, Wikus Groenewald, Christian Ambadiang, Sihle Njezula, Rikus Pretorius en David Kriel ʼn kans bied om te beïndruk.

Eben Etzebeth (skouer), Jean-Luc du Plessis (lies), Dan du Plessis (skouer), Frans Malherbe (nek), Jano Vermaak (knie), Jan de Klerk (knie), Scarra Ntubeni (dyspier), EW Viljoen (voet), Michael Kumbirai (rug), Grant Hermanus (lies), Johan du Toit (knie) en Justin Phillips (rib) is op die krukkelys.

Die Springbokke Siya Kolisi, Steven Kitshoff, Wilco Louw, Pieter-Steph du Toit en Dillyn Leyds sal bloot aan ʼn pretloop in George deelneem.

Die groep (alfabeties) –

Christian Ambadiang, Juarno Augustus, Jaco Coetzee, Damian de Allende, Ruben de Villiers, Paul de Wet, Stefan de Wit, Wikus Groenewald, JC Janse van Rensburg, Herschel Jantjies, Eduan Keyter, Dan Kriel, David Kriel, SP Marais, Salmaan Moerat, Dean Muir, Sihle Njezula, Caylib Oosthuizen, Sergeal Petersen, Rikus Pretorius, Raymond Rhule, Carlu Sadie, Ramone Samuels, Chad Solomon, Joshua Stander, Luke Stringer, Kobus van Dyk, Chris van Zyl, Ali Vermaak, George Whitehead, Cobus Wiese, Eddie Zandberg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.