Nuwe verblyfreël maak oorsese toetsrugby vir SA spelers moeiliker

Suid-Afrikaanse rugbyspelers wat oorsee speel of gaan speel met die gedagte om sommer gou daar te kwalifiseer om toetsrugby te speel, se droom is verby.

Wêreldrugby het Woensdag soos verwag is sy verblyfreël verander. Spelers moet nou vyf jaar in ʼn bepaalde land speel om te kwalifiseer om toetsrugby vir die aangenome land te speel, en nie meer drie nie.

Tian Schoeman, die Bulls se losskakel, het juis hierdie week aangedui dat hy op pad oorsee is en hoop om vir Frankryk te kwalifiseer. Die twee uithaler-slotte van Montpellier, Jacques du Plessis en Paul Willemse, sou seker ook op Frankryk se kortlysie gewees het om na binnekort, ná drie jaar oorsee, vir die Hane te speel. En daar is nog vele ander.

Dit is egter nou neusie verby vir sulke spelers. As hulle wil toetsrugby speel, sal hulle na Suid-Afrika moet terugkeer en hulle rugby hier kom speel. SA Rugby sal diesulkes ongetwyfeld tot ʼn aantal jare se rugby hier verbind om te voorkom dat hulle net nie vir die groen baadjie ʼn paar maande hier kom speel nie.

Daar is ʼn hele paar Suid-Afrikaners wat onder die driejaarreël toetsrugby gespeel het. Manne soos Antonie Claassen, Bernard le Roux, Rory Kockott en Scott Spedding is egter al jare lank oorsee en het moontlik nie die driejaarreël uitsluitlik vir die verkryging van toetsstatus uitgebuit nie.

Daar is ook die twee Skotse spelers, Josh Strauss en WP Nel, en die Britse en Ierse Leeus se CJ Stander, wat al jare oorsee is – en nie noodwendig om toetsrugby te speel nie.

Ook by onder meer Italië, Georgië en Roemenië en ook Duitsland – wat dalk nog met kwalifisering in die Wêreldbekertoernooi kan speel – is daar Suid-Afrikaners wat reeds toetsrugby speel en nie deur die aangepaste reël beïnvloed sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gerda Erasmus ·

Dit is omtrent tyd! Hul jaag geld na en is nie verteenwoordigend vir hul eie land nie!

Speedguard ·

@ Gerda, dink jy vir een oomblik die land verteenwoordig hulle, Ruik die koffie ou girl, hiedie is die ouens se inkomste, gaan jy vir pennies speel vir ‘n Volk en Vaderland soos wat ons nou het soos wat sommige van ons,ons jong lewens opgeoffer het op die grense en vir wat waarmee sit ons, nee ek se GAAN KERELS GAAN ,gaan vedien en maak vir julle ‘n lewe want hier is NADA,NIKS!

Albert ·

Dit gaan net veroorsaak dat jonger spelers die land gaan verlaat, want geld gaan nog steeds die trek pluister wees

Will i am ·

Laat hulle gaan. Hier is in elkgeval nie meer ń toekoms nie

Leendert ·

William, ek stem. Dan kan mens byvoeg, dat as Jurie Roux sy sin kry en die Bokke tuiswedstryde oorsee laat speel, dan gaan hulle net nog verder die S A – ners van die stadions vevreem, ook die besighede in die omgewing wat van die toeskouers afhanklik is. Die dag as SARU glo hulle is nou weer geldelik gesond en hulle speel weer in een van daardie stadions, dan vind hulle geen siel daar nie, net hulself en die mense wat die pleisters op plak.

Springbok ·

JANEE Van SA se trots is hier niks meer oor nie.. GAAN Speel vir geld en vergeet van die groen baadjie . is jy nog trots om hom te dra? NAdat kwotas en rassisme ‘n spel nie net beinvloed het nie maar heeltemal opgedons het, en dan kry jy nog ‘n paar rand daarvoor want die rand is ook niks meer werd nie .. GO FOR IT MANNE . gaan speel permanent oorsee .. vergeet van die ou groen baadjie en die springbokembleem, dit verteenwoordig LANKAL Nie meer goeie rugby nie . maar POLITIEK!

Piet Pille ·

Stem saam met Speedgaurd, wat beteken groen en goud of vir jou Suid Afrika tog. Gaan manne ontgin jul rugby talent onder die afrigting van bekwame afrigters. Buitendien dis ‘n beroep wat julle volg om geld te verdien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.