Nuwe voorsitter vir Newcastle; Ferrari sy trots

Newcastle Highlanders - logoBoschpick Newcastle Highlanders het pas sy jaarvergadering en prysuitdeling vir 2016 afgehandel.

Alister van Wyk is as die klub se nuwe voorsitter aangewys; en die vleuel Ferrari Hadebe is as Highlanders se sportman van die jaar aangewys.

André Swanepoel, die klub se hoofafrigter die afgelope jare, sê Van Wyk is vir `n termyn van twee jaar verkies.

Joe Roux is die ondervoorsitter, Portia Watson die sekretaris, Jaco van Staden die penningmeester, Marius van Zyl die bemarker, en Nico-Jan Chowles die klubkaptein.

Die komitee sal die afrigter vir aanstaande jaar aanwys.

Swanepoel sê Hadebe het nie net in rugby uitgeblink nie, maar ook in liggaamsbou (middelgewig) en is juis nou weer besig met wedstryde in die sport.

Hy is ook as die senior speler van die jaar aangewys.

Die junior speler is Brandon Mcquade (stut); Alex Booysen (losskakel) het die meeste punte aangeteken; en Percyvale Kwenda (senter) het die meeste drieë gedruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.