Nuwejaarsvoornemens vir SA rugby

Een van ʼn kind se heerlikste oomblikke was wanneer hy of sy sirkus toe kon gaan.

Die groot tent waar soveel geheime ontsluit is, die dawerende musiek, die blink kostuums, die ongelooflike balanseer- en sweefstokkunstenaars, die olifante wat sokker kon speel, die leeus wat op kroegstoeltjies kon sit en opdragte uitvoer, die narre en dwergies wat jou laat skaterlag het …

Wat het sirkus met rugby uit te waai?

Baie, want as Mark Alexander, Jurie Roux en Rassie Erasmus-hulle nie hul balanseertoertjies reg uitvoer nie, gaan die erosie van Springbokrugby voortduur.

Daar is baie harde werk wat agter die skerms gedoen word en waarvan die ondersteuners nie eens bewus is nie. Maar luister maar gerus na die einste ondersteuners, en besluit vinnig hoeveel skade daar reeds gedoen is.

Neem ʼn vinnige besluit  oor die afrigter Allister Coetzee. Speel oop kaarte en sê of daar ʼn prestasieklousule in sy kontrak was. Indien nie, wie gaan pa daarvoor staan?

Besin maar weer of die transformasieteikens enigsins volhoubaar is. Watter waarde het Raymond Rhule, Curwin Bosch, Chiliboy Ralepelle,  Uzair Cassiem en Oupa Mohoje tot die onlangse toer toegevoeg?

Ja, Ruan Dreyer het ook duiksakke vasgehou, maar hoekom is hulle gekies en hoe frustrerend was dit nie vir hulle nie?

Besluit maar of die beleid om nie spelers te kies wat nog nie 30 toetse gespeel het nie, enigsins vrugte afgewerp het.

Speel oop kaarte oor die finansiële stand, want is die posisie werklik só benard dat reusevoorspelers in ekonomiese klas oorsee moet vlieg?

Wie het die jawoord aan die hulpafrigter Johann van Graan gegee dat hy in die middel van die toer die skip kon verlaat om by Munster te gaan afrig?

Hoeveel het dit die Suid-Afrikaanse Rugbyunie in die sak gebring deur in rooi truie te speel?

Is daar kommer dat daar net een Springbok, die haker Malcolm Marx, ‘n wêreldspan sou haal?

Vrae, vrae, vrae … en min antwoorde.

Die rugbybase is in die kollig, hulle kan nie daaruit beweeg nie en kan dit net regstel deur indringende besluite te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
What a joke!

Vat jul politieke opgedonste werfbok span en druk hom diep op waar die lig nie skyn nie Saru! Jul sal waaragtig nie n sent uit my kry tot dat politieke inmenging = kwotas verdwyn en meriete terugkeer en tot daar bekwame keurders, afrigters en spelers gekies word nie! Nie die ou jaar nie, nie die nuwe jaar nie, nie ooit nie! Wanneer gaan dit gebeur dat meriete weer die voorkeer kry? Nooit? Goed so dan sal jul ok tot nooit n sent uit my weer sien nie! Ek help betaal nie n klomp clueless parasietiese klomp bloedsuiers wat net die… Lees meer »

Sarel Botes

Pieter watter bydrae maak hierdie ewig durende negatiewe beriggewing tot SA Rugby. Wat wil jy bereik? Jy gaan niks bereik / verander nie.

Callie

Sarel, wat wil jy dan nou hoor. Hoe goed dit met rugby gaan. Magtag, ten minste is Pieter nie soos die Kobus Wiese wat heeltyd kwota spelers boost om te kruip by SA rugby nie. Dit is feite wat hy hier noem. Die redes hoekom baie van ons nie meer rugby ondersteun nie. Kom vertel ons wat jy graag wil hoor. Een ding is jy is een van die met kop in die sand, te ruggraatloos om op te staan en die feite te aanvaar

LR

Ek stem saam met die gekleurde voormalige Engelse rugbyspeler (sien n vorige berig op MM) dat kwotas nie in enige sport hoort nie. Nie dat dit die enigste probleem in ons rugby is nie, die ander groot een is dat geld, ons kan nie jong goeie spelers hier hou nie omdat hulle finansieël beter oorsee doen.

Niklaas

Weens kwota beleid gaan Bokke dieselfde pad loop as die Southern Kings wat tans vir SA een groot verleentheid is. Geen wedstryde word gewen nie. Dis nooit aangenaam om jou gunsteling span te sien verloor-rugby speel nie. Die voorstanders van transformasie is vyande van SA rugby. Die voorsetting van kwota onregverdigheid sal die doodsklop lui vir Bokrugby , maar dis dalks wat die Bok teenstanders wil hê.