Nuwejaarsvoornemens vir SA rugby

Een van ʼn kind se heerlikste oomblikke was wanneer hy of sy sirkus toe kon gaan.

Die groot tent waar soveel geheime ontsluit is, die dawerende musiek, die blink kostuums, die ongelooflike balanseer- en sweefstokkunstenaars, die olifante wat sokker kon speel, die leeus wat op kroegstoeltjies kon sit en opdragte uitvoer, die narre en dwergies wat jou laat skaterlag het …

Wat het sirkus met rugby uit te waai?

Baie, want as Mark Alexander, Jurie Roux en Rassie Erasmus-hulle nie hul balanseertoertjies reg uitvoer nie, gaan die erosie van Springbokrugby voortduur.

Daar is baie harde werk wat agter die skerms gedoen word en waarvan die ondersteuners nie eens bewus is nie. Maar luister maar gerus na die einste ondersteuners, en besluit vinnig hoeveel skade daar reeds gedoen is.

Neem ʼn vinnige besluit  oor die afrigter Allister Coetzee. Speel oop kaarte en sê of daar ʼn prestasieklousule in sy kontrak was. Indien nie, wie gaan pa daarvoor staan?

Besin maar weer of die transformasieteikens enigsins volhoubaar is. Watter waarde het Raymond Rhule, Curwin Bosch, Chiliboy Ralepelle,  Uzair Cassiem en Oupa Mohoje tot die onlangse toer toegevoeg?

Ja, Ruan Dreyer het ook duiksakke vasgehou, maar hoekom is hulle gekies en hoe frustrerend was dit nie vir hulle nie?

Besluit maar of die beleid om nie spelers te kies wat nog nie 30 toetse gespeel het nie, enigsins vrugte afgewerp het.

Speel oop kaarte oor die finansiële stand, want is die posisie werklik só benard dat reusevoorspelers in ekonomiese klas oorsee moet vlieg?

Wie het die jawoord aan die hulpafrigter Johann van Graan gegee dat hy in die middel van die toer die skip kon verlaat om by Munster te gaan afrig?

Hoeveel het dit die Suid-Afrikaanse Rugbyunie in die sak gebring deur in rooi truie te speel?

Is daar kommer dat daar net een Springbok, die haker Malcolm Marx, ‘n wêreldspan sou haal?

Vrae, vrae, vrae … en min antwoorde.

Die rugbybase is in die kollig, hulle kan nie daaruit beweeg nie en kan dit net regstel deur indringende besluite te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

What a joke! ·

Vat jul politieke opgedonste werfbok span en druk hom diep op waar die lig nie skyn nie Saru!
Jul sal waaragtig nie n sent uit my kry tot dat politieke inmenging = kwotas verdwyn en meriete terugkeer en tot daar bekwame keurders, afrigters en spelers gekies word nie! Nie die ou jaar nie, nie die nuwe jaar nie, nie ooit nie!

Wanneer gaan dit gebeur dat meriete weer die voorkeer kry? Nooit? Goed so dan sal jul ok tot nooit n sent uit my weer sien nie! Ek help betaal nie n klomp clueless parasietiese klomp bloedsuiers wat net die gravy trein ry nie!

Noem die span net nie meer die Springbok nie want die het eens trots en meriete geken, en nie so n klomp onbevoegde saamgeflansde sirkus narre nie van bo tot heel onder ! Jul is almal een groot grap wat gulsig net geld skep sonder prestasie en trots! Ek wens meer wense wil hul geld terug hou sodat die hele vrot lot tot n val kan kom!

Sarel Botes ·

Pieter watter bydrae maak hierdie ewig durende negatiewe beriggewing tot SA Rugby. Wat wil jy bereik? Jy gaan niks bereik / verander nie.

Callie ·

Sarel, wat wil jy dan nou hoor. Hoe goed dit met rugby gaan. Magtag, ten minste is Pieter nie soos die Kobus Wiese wat heeltyd kwota spelers boost om te kruip by SA rugby nie. Dit is feite wat hy hier noem. Die redes hoekom baie van ons nie meer rugby ondersteun nie. Kom vertel ons wat jy graag wil hoor. Een ding is jy is een van die met kop in die sand, te ruggraatloos om op te staan en die feite te aanvaar

LR ·

Ek stem saam met die gekleurde voormalige Engelse rugbyspeler (sien n vorige berig op MM) dat kwotas nie in enige sport hoort nie. Nie dat dit die enigste probleem in ons rugby is nie, die ander groot een is dat geld, ons kan nie jong goeie spelers hier hou nie omdat hulle finansieël beter oorsee doen.

What a joke! ·

Vat vyf werfbok spelers wat onder gemiddeld is en laat hul teen die All blacks speel en jy speel effektiewelik met 10 man teen 15 van die beste talentvolste op meriete geskiede All black spelers in die wereld! Kan jy n kans staan??? So hoekom droog die bok ondersteuners en geld dan op? Want hul wil nie vir n klomp tjol betaal nie!
Kom ons wees reguit ons almal weet dat as jy wit is moet jy nou maar die knie buig vir ander kleurigges op elke vlak in die land so hoekom sal jong talentvolle spelers soos byvoorbeeld Van Rensburg nou wil bly waar hy moet opsy staan vir spelers nie eens kwart so goed soos hy nie maar daar is oor hul vel kleur?! So as jy meer kan verdien oorsee en moet heeltyd teen die klomp twak baklei wat Suid Afrika skep hoekom sal jy wil bly?
Ek glo nie so begin eers by meriete en verwyder die belediging wat kwotas spelers is vir die spel,stel n afrigter in diens wat weet wat hy doen, nie net nog n kwota clueless afrigter soos Ac en snorre nie asb! En raak ontslae van die Saru hoofkoppe wat die probleem skep en die rugby vernietig het, die Juries,die Mark alexanders ens! Kry mense met trots en n liefde vir die spel rugby daarin nie die klomp vet gulsige bosluise nie! Sny die kanker uit en laat die spel genees en die geld en ondersteuners sal weer terug kom …

Niklaas ·

Weens kwota beleid gaan Bokke dieselfde pad loop as die Southern Kings wat tans vir SA een groot verleentheid is. Geen wedstryde word gewen nie. Dis nooit aangenaam om jou gunsteling span te sien verloor-rugby speel nie. Die voorstanders van transformasie is vyande van SA rugby. Die voorsetting van kwota onregverdigheid sal die doodsklop lui vir Bokrugby , maar dis dalks wat die Bok teenstanders wil hê.

Veritas ·

Die huidige toestand van Springbokrugby is die resultaat van ‘n georkestreerde aanslag ,deur die regering, op die kultuurskatte van die blanke bevolking en hoofsaaklik dié van die Afrikaner. Die uitsprake, oor Afrikaanse skole, deur die minister van onderwys is’ n duidelike bewys daarvan. Die Afrikaner met sy unieke identiteit is ‘n meul des aanstoots vir die regering en dié sal nie rus alvorens die Afrikaner, as volk, totaal en al vernietig is nie. Let wel, ek praat van die regering en nie van die swart bevolking nie. Ek was onlangs op ‘n geselligheid wat my wergewer vir kliënte aangebied het, toe Afrikaans, as onderrigtaal, ‘n punt van bespreking geraak het. Wat was my verbasing groot toe die oorgrote meerderheid van die kliënte laat blyk het dat hul sou verkies het om hul kinders na Afrikaanse skole sou stuur weens die waardestelsel en disipline aldaar. Al wat baie van hulle afgesit het is die besluite rakende meeste universiteite se voertaal. Dieselfde groep het ook erken dat hul verkieslik met ‘n Afrikaner sou wou besigheid doen as met ‘n Engelssprekende. Ek het dalk nou van die punt afgedwaal maar ek moes net my standpunt, dat die afbreking van die Afrkaner, ‘n regeringsaksie is en nie noodwendig deur die swart bevolking gesteun word nie, verduidelik.

BOLANDER ·

What a joke. Ek kon dit nie beter stel nie. Maar ai, die kanse dat dit gaan gebeur is maar eintlik 0!!!!! SO SAD!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Jan van Niekerk ·

Mark Alexander en Jurie Roux moet in hul privaat, persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou word, vir moontlike skeidings pakket vir Allister Coetzee. As daar nie ʼn prestasie klousule was nie, was SARU growwe, ernstig nalatig.

My sitplek op paweljoen is al geruime tyd leeg. Rugby rekord verloor kwota sirkusse, vermaak my nie meer. Behalwe die patetiese Coetzee, is daar nog menige hoogs betaalde bloedsuiers, ook by span betrokke.

Geen wonder paviljoene loop leeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.