Nyakane in Springbok-groep vervang

Lourens Adriaanse - in Bok-groep. (Foto: The Sharks)

Lourens Adriaanse – in Bok-groep. (Foto: The Sharks)

Die stut Trevor Nyakane sal nie betyds vir die eerste twee toetse fiks wees nie, en is onttrek aan die groep wat tans in Sandton vir die eerste toets in die Rugbykampioenskap voorberei.

Hy word deur die Sharks se Springbok Lourens Adriaanse vervang.

Adriaanse het in 2013 ses minute toetsrugby gespeel toe hy op die November-toer teen Frankryk in Parys vir Coenie Oosthuizen van die bank af vervang het. Die Bokke het 19-10 gewen. Hy kan nes Nyakane aan albei kante van die skrum sak.

Sy broer, Jacobie, het in 2008 vir die Opkomende Springbokke gespeel.

Nyakane sukkel met `n enkelbesering en die Bokke se mediese en fiksheidspan sal saam met die Blou Bulle s’n oor sy herstel toesig hou.

Die eerste toets teen die Argentyne in Nelspruit vind oor twee weke plaas.

Die oorsese spelers en die twee sewesmanne wat aan die Olimpiese Spele deelneem, sal eers Sondag by die res van die groep aansluit.

Die SA Rugbyunie (Saru) sê ander kandidate om Nyakane te vervang soos Jannie du Plessis, Lizo Gqoboka en Coenie Oosthuizen is almal eweneens beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.