Oefening gekanselleer ná drie in Bokkamp positief toets

Rassie Erasmus. Foto: Anne-Christine Poujoulat/AFP.

Die Springbokke het Sondag ’n beplande oefensessie in Johannesburg gekanselleer ná drie spelers positief vir Covid-19 getoets het.

Die span het Saterdag almal polimerasekettingreaksie- (PCR-)toetse vir Covid-19 ondergaan waarna drie spelers se toetsuitslae positief teruggekeer het.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sê die Springbok-spanbestuur het die span onmiddellik as voorsorgmaatreël in isolasie geplaas totdat die Castle Lager Lions-reeks se mediese raadgewende groep geraadpleeg kan word.

Rassie Erasmus, direkteur van rugby by Saru, het in ’n mediakonferensie bevestig die spelers is Sbu Nkosi, Vincent Koch en Herschel Jantjies.

Erasmus het benadruk dat die span al die nodige voorsorgmaatreëls gevolg het sedert die begin van hul drieweek-kondisioneringskamp wat in Bloemfontein aangebied is. Dit sluit onder meer in drie keer per week verpligte Covid-19-toetsing.

’n Besluit oor verdere spanaktiwiteite sal binnekort geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik Marthinus ·

In secure bubbles kry van die spellers Steeds covid
Net nog n bewys hoe erg covid is
Level 5 asb Ramaphosa die DA Kaders gaan later vir jou dankie se
Stuur die Britse en Ierse Leeus maar terug Hulle gaan net onnodig siek word hier

Santjie van Soendal ·

Wie kyk nog rugby? Alles wat mens nog daaruit plesier verskaf het, is in elk geval al “uitgehalaal” en afgewater.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.