Ollie klim in onder Allister en toestand van SA se rugby

Ollie le Roux – klim onder SA se rugby in.

Die Iere is boos vir Suid-Afrika – en die bitterheid gaan verder as net dat Suid-Afrika bo hulle deur Wêreldrugby as die aanbevole gasheer vir die 2023  Wêreldbekertoernooi aangewys is.

Ierland se rugbybase en pers glo steeds dat hulle aanbod beter as Suid-Afrika en Frankryk s’n was en sê hulle sal alles in die stryd werp om stemme vir die finale aanwysing op 10 November te werf.

Suid-Afrika se onrusbarende misdaadsyfer sal onder meer in die proses deeglik ingespan word. “Daar behoort geen steen onaangeroer gelaat te word om die onregverdigheid van die toekenning aan Suid-Afrika reg stel nie,” sê die Irish Daily Mail in Maandagoggend se uitgawe.

En die Ierse afrigter Joe Schmidt moet die geleentheid gebruik om die onregverdigheid op die veld reg te stel, skryf die Mail.

♦   Die oud-Springbokstut Ollie le Roux het indirek ook in die kryt in die Ierse hoek geklim toe hy teen Suid-Afrikaanse rugby te velde getrek het – water op die Ierse meul dat alles nie pluis is by Suid-Afrikaanse rugby nie.

Die Irish Independent dui Le Roux se onvergenoegdheid met die probleme in Suid-Afrikaanse rugby aan. Hoewel daar hierin geen direkte verwysing is na die aanbieding van die 2023-toernooi nie, klim Le Roux deeglik onder die land se rugby in.

Le Roux bekla die toestand van Suid-Afrikaanse rugby. Maar hy voel dat Rassie Erasmus, wat tans nog as direkteur van afrigting aan Munster in Ierland verbonde is, ʼn verskil kan maak.

“Dit gaan egter baie moeilik vir hom wees,” sê die oud-Bokstut. “Ons probleme sal vyf jaar neem om reg te stel – en die regte mense is nodig om dit te kan doen.

“Rassie kom na ʼn kultuur waar ons spelers afgerig word deur mense wat nooit vir die nasionale span gespeel het nie. Hoe gaan hy die spelers vertel hoe om vir die Springbokke te speel? Rassie kan immers vir hulle vertel want hy het vir die Springbokke gespeel. Hy was ʼn fenomenale speler.

“Wat weet Allister Coetzee van die Bokke? Niks. Hy het nie eens die reg om die woord Springbok te gebruik nie, want hy is nie ʼn Springbok nie. Dieselfde geld vir Heyneke Meyer, Jake White … a, hy het die Wêreldbeker gewen, al was dit ʼn gelukskoot.

“Maar Gert Smal (wat die Iere se hulpafrigter was) is ʼn ander saak. As iemand soos hy iets sê, kan jy luister, want hy was daar as Bok. Rassie, om daardie kultuur te vestig, moet jy daardie mense kry om op voetsoolvlak te werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Eish ·

Ek stem Ollie. Ook vir die Iere vir die wěreldbeker. Met rommelstatus teen 2023, een miljoen armblankes, buskapings aan die orde van die dag, hou liewer die internasionale huurslodate se jaarvergadering hier asb.

Callie ·

Ag ou Ollie is net so agterbaks en bang. Hoekom noem hy dit nie net op die naam nie. Kwotas is die ondergang met AC wat dit totaal ondersteun. Is al die oud bokke so ruggraatloos

Piet ·

Kan iemand nie asb vinnig vir die Iere en Franse laat weet dat SA nie die wêreldbekertoernooi moet aanbied as SA Rugby nie summier die kwotastelsel afskaf nie. Dis strydig met internasionale sportkodes. Dit moet as voorwaarde gestel word.

Sarel Strydom ·

Hoeverl geld word uitgehaal en wie sal almal netaal word. Vra maar net.

bgj van der westhuizen ·

wel daar is n slang n die gras hoe de hel is suid afrika gekies wat hoe msdaat swak bestuur en geen openbare vervoer het nie mense word links en regs vermoor geld een hied wat niks werd is nie regering wat te swak is om n land te bestuur en alles val uit mekaar en is n 3derde wereld land die ander lande is n n baie meter toe stand as hier wie se gatsak het weer geld gekry

Jack Russl ·

Suid Afrika is nie gekies nie. SARU het die aanbod ingesit om dit aan te bied, saam met ander lande. Op die stadium is dit nog net SA, Ierland en Frankryk. Daar moet nog gestem word oor wie dit kry.

Ons het die stadiums en het ook al groot toernooie aangebied, maar ek stem met jou saam dat daar te veel goed verkeerd is hier om dit te kan aanbied.

Dawie ·

Ollie, alles in SA is nie pluis nie, maar hoekom wil ons die wêreld wegjaag nog voor hulle hier was. Ons land kort die besigheid. Dit skep werk, dit is geleenthede en as ons dit nie raaksien nie, skiet ons onsself in die voet. Worldcup 2023, Suid Afrika kan die spul wees wat ‘n paar wiele weer aan die rol kan sit.

Louwrens ·

Moet eerlik se sou graag die wereld beker hier wou gehad het maar ja stem saam op die stadium is misdaad,moord,korrupsie die in ding in SA moenie vergeet van hoeveel buitelanders al beroof is vanaf OR Tambo

Frikkie ·

En Oom Kitch Christie? Is hy ook nie “worthy” nie Ollie? Net omdat hy nie ‘n springbok was nie? So die tannie wat vir Wayde Van Niekerk afrig is ook nie ‘n afrigter nie en meeste boks afrigters weet nie wat hulle doen nie want hulle was nie self wereld kampioene nie? Ag asseblief Ollie…
Ek is self nie Allistair se grootste fan nie maar die argument wat Ollie hier voorhou is gemors. Ou Ollie soek net weer ‘n bietjie aandag…

Louwrens ·

Moet eerlik se sou graag die wereld beker hier wou gehad het maar ja stem saam op die stadium is misdaad,moord,korrupsie die in ding in SA moenie vergeet van hoeveel buitelanders al beroof is vanaf OR Tambo. Wel moet eerlik se het ook nog nooit van Ollie gehou nie hy is weg uit SA so hy moet sy mond maar hou

Johan ·

Ons moet die rowers by OR Tambo se koppe draai sodat hulle die Wereldbeker roof voor die All Backs op die vliegtuig klim terug kiwiland toe. Dit is al hoe ons dit gaan regkry om die beker hier te hou.

Peet ·

Ek dink die gesprek gaan oor die TOERNOOI en nie oor die BEKER nie…

Lol ·

As Ollie wil veralgemeen oor afrigters se agtergrond ; dan geld die volgende veralgemening: alle stutte is dom? Sy uitlatings laat dit waar klink.

Darius Els ·

Olie, jou kritici weet blykbaar nie dat in 60’s 70’s het oud bokke afgerig,Enkel en Alleen.
Sedert wyle Kitch se dae was hoofafrigter nie bok nis met ongeveer n dosyn bokke onder hulle wat die “skim afrigters is.
Kyk die Lions,minimum afrigters met n BOK hoofafrigter.En toe hy loop kom n nie bok en Die Lions is alweer op die afdraende.
Selfs wyle Kitch het begin afrig in PTA by Quins onder n bok.

Callie ·

Darius, twee worldcups onder ouens wat nie bokke was nie. Julle oud bokke noem nooit iets van kwotas. Miskien moet ou Ollie hom hou by sigaar rokery

Jaco ·

Haal politiek en ras uit die spel en alles sal weer reg kom. Dit sal ongelukkig nooit gebeur nie, sekere mense gee nie meer om oor die spel nie net oor hulle eie sake.

Vaarwel springbokke, land en volk!

PE Cloete ·

Ag Ollie. Jake en Heyeneke het 100000x meer bereik met afrigting as Gert Smal. Toe hy en Carel die Bokke afgerig het was hulle amper meer pateties as nou! Dit is die swakste stelling wat ek nog gehoor het! Wat dan van Kitch Christie?? Hy was nie ‘n Bok nie en was ‘n briljante afrigter. Dit lyk my eerder hulle moet voormalige onderwysers soos Heyneke en Jake gebruik om met die jong manne te werk!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.