‘Omstrede’ twee dien in Kwagga se verhoor

Kwagga Smith (Foto: YouTube)

Twee van die beamptes wat by die omstrede tugprosedure van die All Black Sonny Bill Williams betrokke was, dien in die tugkomitee wat Kwagga Smith se saak Maandag aanhoor.

Smith se verskyning spruit uit die rooi kaart wat hy vir ʼn beweerde gevaarlike duikslag in die Superrugby-eindstryd tussen die Lions en die Crusaders Saterdag op Ellispark op die lyf geloop het.

Hy het glo die Crusaders-heelagter, David Havili, in die lug geduik.

Die vuilspelkomitee wat hom verhoor, bestaan uit Nigel Hampton KA, Stefan Terblanche en John Langford.

Langford was ʼn lid van die Drie-Aussies-tugkomitee wat die bohaai om Williams se skorsing laat losbars het, toe hy (die komitee) besluit het die vier weke sluit die All Blacks se eerste Bledisloe-toets teen die Wallabies in.

Terblanche was lid van die appèlkomitee wat tot Wêreldrugby se ontnugtering besluit het die All Blacks se oefenwedstryd teen ʼn verskillende span in elke helfte is ʼn volwaardige wedstryd, en dit staan Williams gevolglik vry om teen die Wallabies te speel.

As Smith Maandag die beslissing en uitgemete straf van die vuilspelkomitee aanvaar, is die saak afgehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Frans C ·

Geduik- belaglik ! Kontak met ‘n speler in die lug,ja .

Josua Keys ·

Kwagga jy bly n yster, die Crusaders het teen 14 manne gewen en julle het teen 17 verloor, Jonker moes sy oordeel beter gebruik het want die rooikaart reel was hier duidelik verkeerd gebruik, as dit anders om was en dit met die Crusaders gebeur het sou Pyper en Jonker die laagste gegradeer gewees in hul boeke en nie gou weer in n finaal geplaas het of TV skydsregter gewees het nie, waarom dink julle het hulle ingestem dat hulle weer die wedstryd moes hanteer.

Garath ·

Wie was roekeloos? Havili wat onverantwoordelik hoog gespring en ander spelers in gevaar gestel en Kwagga met sy knie teen die kop gestamp het? Of was Kwagga roekeloos wat gestop en probeer wegtrek het toe hy agterkom wat was besig om te gebeur?

Awie Opperman ·

Moenie skuldig pleit nie, hierdie reëls moet verander. Die heelagter van die crusaders het daardie rooikaart gemelk en in die proses die wedstryd bederf vir al 63,000 toeskouers plus die 100,000’e by die huis. CJ Stander het vir Pat Lambie met sy heup in die gesig gestamp en ‘n rooikaart gekry, so hoe werk dit? Kwagga kon ook baie seer gekry het en dit was baie gevaarlik wat David Havili gedoen het.

Realis ·

Rooikaart gemelk? Awie, Kwagga het die kontak met die heelagter veroorsaak nie andersom nie. Kwagga is nie ‘n vuil speler nie maar in hierdie geval was hy roekeloos. Julle Leeu ondersteuners kan maar net nie aanvaar julle is deur ‘n beter span geklop nie. Hou eerder op kla en om die skeidsregter te blameer, dit gaan nie die uitslag verander nie.

Jack Russl ·

Ek het geen probleem met Kwagga se rooikaart nie, dit was roekeloos gewees en die reels bly die reels.

Of Havili die kaart gemelk het of nie, sou nie ‘n verskil gemaak nie. Dit is dadelik verwys en verdien ‘n rooi kaart. Dit bly net snaaks dat hy “half dood” gelê het en sodra die kaart uitkom dan is hy reg om voort te speel. Dieselfde met Du Preez aan die begin van die jaar. Hy het op die grond gelê, opgekyk en gesien dat die skeidsregter niks gaan doen nie en toe ewe skielik sy ken gegryp en in pyn op die grond gelê. Toe die geelkaart uitkom is hy ewe skielik weer reg. Kaarte is nodig, maar dit gebeur gereeld dat ‘n speler vreeslik seergekry het en dan niks makeer sodra ‘n kaart verskyn.

Verlede week se gekla oor Peyper het op hom gewerk. Die skrums was ‘n gemors. Waarsku die Crusaders, maar die stut bly die skrum aftrek of basies dwars in die skrum staan, maar die skrum word die meerderheid weer gedoen. Sodra daar ‘n Leeu fout in die skrum is, word daar dadelik ‘n penalty gegee. Peyper het nie gemaak dat die Leeus verloor nie, jy kan nie teen die Crusaders in ‘n finaal met 14 man speel nie. Maar Peyper het ook ‘n paar ooglopende foute gemaak

Henk Stander ·

Realis, ek sou hoop dat ons almal Leeus was die naweek. Hulle het soos helde gespeel en was voorwaar ń pragtige en trotse voorbeeld van Suid-Afrikaanse rugby. My hart bloei vir Kwagga, dit is nie in sy geaardheid om vuil te speel nie, maar sy makkers het in sy afwesigheid hulle koppe hoog gehou en soos ridders en helde gespeel!

Jammer Leeus, dit was baie naby maar julle is steeds ń kampioen span!

Groete uit Blou Bul land.

Bok ·

Kwagga jy bly n yster. Vat jou straf soos n man en hou jou skouers omhoog. Jy is een van die beste baljagters in hierdie land. Is trots op julle Leeus. Van bestuur, afrigter en spelers.

Nico ·

Dis net so gevaarlik om in die lug te spring dan is jy n projektiel jou tokse en kniee kan ook n speler tref as dit vuilspel is se ek ja maar dit was nie

Riaan ·

Ek wonder wat sou gebeur het as die situasie om gedraai was.
As dit nou n Leeu was wat op sy nek geval het deur n Crusader was die rooi kaart seker reg gewees en Peyer n uitstekende skeidsregter, ne Lions supporters.

Frans C ·

Goeie genugtig-daar is nie so’n reël nie.
Dit is die toepassing van die ‘wet’ wat van toepassing is.
10.4 (i) Lees soos volg:
Tackling the jumper in the air. A player must not tackle nor tap, push or pull the foot or feet of an opponent jumping for the ball in a lineout or in open play. Sanction penalty kick.

Geen sprake van enige kaart nie.Net ‘n strafskop.
Die volgende beslissings in deur die IRb sover ek kon vasstel gemaak:
Challenging players in the air – Law 10.4(i)

Play on – Fair challenge with both players in a realistic position to catch the ball. Even if the player(s) land(s) dangerously, play on

Penalty only – Fair challenge with wrong timing – No pulling down

Yellow card – Not a fair challenge, there is no contest and the player is pulled down landing on his back or side

Red card – It’s not a fair challenge with no contest, whilst being a reckless or deliberate foul play action and the player lands in a dangerous position

Smith het nie om die bal meegeding nie.Het het die bal gejaag sonder om te weet watter
speler gaan spring om dit te vang.Om te beweer dat hy nou roekeloos was en dit opsetlik vuil spel was,is belaglik. Ja hy het gebots en toe hy dit besef sy gesig weggedraai.
Peyper het geswig en eers na ‘n lykskouing van alle elemente ‘n rooi kaart uitgedeel.

Realis ·

“Smith het nie om die bal meegeding nie. Het die bal gejaag sonder om te weet watter speler gaan spring om dit te vang.” Genugtig Frans C, besef jy hoe verspot dit klink? Hoekom het Kwagga dan die bal gejaag én kontak met die Crusader in die lug gemaak? Of het almal se oë behalwe joune hulself bedrieg? As Kwagga nie wou meeding om die bal nie sou hy nie naby die plek gewees het waar die voorval plaas gevind het nie. Maar hy was. En hy hét ongeoorloofde kontak met die speler gemaak. En dit was roekeloos, of jy nou anders redeneer of nie. Jou span het verloor, aanvaar dit soos ‘n man en hou op huil daaroor. Dis wraggies nie die einde van die wêreld nie…

Frans C ·

Realis ek is oortuig daarvan jy was nog nooit in jou lewe op ‘n rugbyveld nie.Wanneer jy ‘n hoë lugskop opvolg, moet jy mos kyk waar heen die bal trek.Jou oë moet dus op die bal wees.Dit geld vir jou en die ou wat die bal gaan vang.

Jy praat nonsens,want as jy roekeloos is -is dit ‘n aksie wat jy neem sonder om die gevolge
van jou aksie in ag te neem.Om nou te beweer dat Smith sommer net ingestorm het en dus
die speler met opset wou beseer is belaglik.
Jou kommentaar is roekeloos omdat jy nie weet waarvan jy praat nie en hardloop nou soos Havili hier rond, sonder enige gevolge.

martie ·

Waarom kan die hoogspring reel nie afgeskaf word ?
90% vd tyd kry een of albei spelers seer, of n kaart volg.

Indien n speler wel gestraf moet word agv n oortreding , doen dit na die wedstryd , deur bv hom splinterboud te maak vir n volgende wedstryd of vat n bedrag van sy bonus , want 14 ander spelers word ook deur die kaart gestraf.

Frans C ·

Die vertolking en toepassing van die betrokke speel in die lug, was ingestel om spelers te beskerm.As jy egter regverdig meeding en iemand kry ernstig seer, is daar geen straf nie.
‘n Speler kan dus sy nek breek in so’n geval.

Dit is die rooi kaart wat kwel-want hier moet bepaal word of die speler roekeloos was of opsetlik vul spel beoefen het.Ek is seker enige rugbyspeler sal jou vertel dat as jy so’n lugskop jaag, jy vir die bal kyk om te sien waar dit gaan val.As daar meer as een speler is wat dit kan vang ,kom hulle gewoonlik dit te laat agter en meeste spelers probeer so’n botsing vermy.

Ek is oortuig daar vang dat Smith nie besluit het om net roekeloos in te storm met die gedagte om ‘n speler opsetlik te beseer nie. Dit was ‘n botsing sonder opset of roekkeloosheid.Dit is maar dieselfde in druk verkeer,waar daar talle ‘fender benders’
plaas vind,

Nou is dit ook so dat NZ- spelers wanneer hul vir so’n bal spring altyd ‘n been vorentoe oplig,wat dit onmoontlik en gevaarlik vir teenstanders maak om mee te ding.Nou hou
Peyper en sy assistente lykskoung en ontleed elke element van die aksie, en besluit-
ja daar was kontak-rooi kaart, sonder om versagtende omstandighede en speler se optrede
in ag te neem-en word Smith die skurk in die verhaal. Swak Peypers,swak-jy het geswig onder NZ druk.

Callie ·

Hoekom is daar n debat. Kwagga het oortree, regte sanksie is gegee. So hou op om iemand te blameer. Ondersteun liewer n reel wat n rooikaart speler vir 2 of3 games skors en n groot boete gee. Reserwe kom op en span mag verder geen plaasvervangers opstuur tensy daar n besering is nie. 15 teen 15. Net regverdig

Frans C ·

Callie
Die debat is hier omdat die tendens onders skeidsregters deesdae is om spelers te straf
vir gevolge wat kon plaasgevind het,maar toe nie ‘n werklikheid,geword het nie.

Onthou nou dat by regverdige mededinging ‘n speler ook ernstig beseer kan raak.Maar niemand word gestraf nie.’n Rooikaart moet mi uitgedeel word as die speler opsetlik
roekeloos ingestorm het, met die doel om ‘n spelers te beseer,wat dan vuilspel is.

Wanneer daar geen opset is of blatante roekeloosheid is en ‘n speler kom niks oor nie,dan moet die skeidsregter dit in agneem. Onthou dit is ‘n kontaksport en jy kan in enige kontaksituasie beseer word.So het Julian Redelinghuys ‘n ernstige nekbesering opgedoen in ‘n wettige laagvat.

Havili het niks oorgekom nie en ewe flink daarna voort gespeel.Peyper was een week gekruisig oor ‘n geelkaart aan die Hurricanes en is nou so’n held oor die rooikaart dat die
Crusaders se afrigter ‘n briekdans na die wedstryd uitvoer.Onthou jy hoe Bismarck
Du Plessis na ‘n wettige hoogvat op Carter ‘n rooikaart gekry het.

As dit blante en opsetlike vuilspel is met geen ander doel as om ‘n speler permanent uit die spel te haal is dit ‘n ander saak.

Tinkie Nagel ·

Kwagga was en is nie n vuilspeler nie. Ek is n 100% Leeu ondersteuner wen of verloor. Jaco Peyper het die beker op n skinkbord vir die Crusaders gegee en was nog altyd teen die Leeus. Kwagga hou jou kop hoog jy bly n Champ in my oe

Emsa ·

Ek se ook dis onregverdig om met 14 man te speel. Dis soos Johan op media gese het Crusaders het nie van die skeidsregter idee gehou nie maar saterdag toe is hulle weer mal oor hom. Ek se die leeus kon gewen het. Baie goeie span wat uit die modder uitgehaal is
Mag julle net voort bou op sukses

Genieve ·

Ek is n Lion ondersteuner.Dai rooikaart het ons hele game gekos.Jaco kon regtig realisties gewees het..Kwagga is nie n vuilspeler nie.Maar ons het ons verloor gevat..maar ek bly agter my span.

Realis ·

Ag Frans C, om persoonlik te raak met in elk geval verkeerde aannames bevestig maar net dat julle Leeu ondersteuners die wedstryd voortydig gewen het. Die realiteit is egter dat julle span verloor het en die Crusaders die verdiende kampioene is. Ek het nooit gesê dat Kwagga ‘n vuil speler is of met opset die Crusader omgedop het nie. As sy oog op die bal was sou hy sekerlik die speler ook moes raaksien want dié is darem heelwat groter as die bal. Hy was roekeloos, maar nie doelbewus roekeloos nie. Wat gebeur het, het egter die rooikaart geregverdig. Dis net jy wat nie kan ophou piep daaroor nie. Marius Jonker het in elk geval die rooikaart beslissing gemaak, nie Jaco Peyper nie. Verloor met waardigheid want jou span het skitterend gespeel, die Crusaders was net beter. Hou nou op suur druiwe wees…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.