Ondersoek na Sonny Bill nie vir stamp teen kop getoets is

Sonny Bill Williams (Foto: Facebook)

Daar word ondersoek ingestel na waarom Sonny Bill Williams nie in Saterdag se eerste toets in vanjaar se Rugbykampioenskap teen die Wallabies vir harsingskudding getoets is nadat hy ʼn stamp teen die kop gekry het nie.

Sanzaar het daarvan bewus geword nadat die voorval op sosiale media gesirkuleer is waar Williams duidelik onvas op sy bene terugkeer na sy plek in die agterlyn.

Williams, wat na sy skorsing in die tweede toets teen die Britse Leeus weer terug was in die All Blacks se span vir die wedstryd wat ook as Bledisloetoets tel, het die Wallabies se slot Rory Arnold geduik. Daarna het Williams se spanmaat, die groot slot Brodie Retallick, en die Wallabies se slot Adam Coleman op hom geval.

Die gebrek aan balans is ʼn aanduiding vir die mediese personeel dat daar potensiële harsingskudding kan wees. Williams is egter nie vir ʼn ondersoek verwys nie.

ʼn Woordvoerder van Sanzaar het volgens die New Zealand Herald aan News Corp Australia bevestig dat hulle van die voorval via sosiale media bewus gemaak is, en dat hulle dit met die dokter wat deur die tuisunie en die ARU aangestel is, sal bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Fires ·

Jammer hy speel vir die verkeerde span. Ek nogal groot respek vir hom gekry nadat hy sy world cup medalje weg gegee het! Hy gaan vir seker n legende in rugby word! Hoop nie hy is te lank van die veld nie.

vrikie ·

Daar is een stel reels vir NZ en ‘n ander stel vir die res van die rugbywereld, amper soos die regstelsel in Suid Afrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.