Onrus en ander faktore laat TUT onoorwonne

tut vikingsDie Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) se deelname aan Universiteitsport Suid-Afrika (Ussa) se toernooi, die onrus in Junie en die universiteitsvakansie het `n paar verwikkelinge tot gevolg gehad, laat weet die klub se voorsitter, Neels van Heerden.

“Een hiervan is dat TUT twee onafgehandelde bepalings teen Tuine en Cullinan gehad het, wat iewers tussen 18 Julie en 13 Augustus (die halfeindronde van die Carltonliga B) ingepas moes word.

“Die drie klubs het saamgedink en die BBRU versoek dat die ligapunte gedeel word – soos van toepassing met ‘n gelykop uitslag. Die adjunk-president van die BBRU, Henry Adendorff, het die versoek bekragtig.”

Ná Saterdag se uitslae (die studente het Brits 83-0 verniel) is TUT en Korrektiewe Dienste gelyk boaan die punteleer met 62 punte elk, maar die studente het `n wedstryd minder gespeel. TUT se laaste twee wedstryde is teen Atteridgeville en die Silver Valke.

TUT is derhalwe nog onoorwonne in vanjaar se Carlton B-afdeling en Van Heerden sê die Vikings het `n `n uitstekende kans om boaan die punteleer te eindig.

Brits se tweede span het 32-16 teen TUT gewen. Van Heerden sê Brits II is `n bulspan en het `n goeie kans om sy afdeling te wen.

Brits het TUT III (die Sefako Makgatho-universiteit vir Gesondheidswetenskap) 7-3 geklop.

TUT II het ook nog `n goeie kans om vir die halfeindronde in aanmerking te kom, maar Van Heerden sê TUT III  gaan ongelukkig nie in die afdeling vir derde spanne binne die topvier kan eindig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.