Ook die Highlanders gee Leeus bloedneus

Dinge loop nie vir die Britse en Ierse Leeus soos hulle gehoop het nie. Nie net begin beserings hulle nou inhaal nie, maar hulle het Dinsdag in Dunedin die tweede keer in vier wedstryde op dié toer verloor.

Dié keer was dit die Highlanders wat hulle geklop het. Die telling was 23-22 en die wenstrafskop het gekom van ʼn skrum waar die tuisspan die Leeus verinneweer het.

Dit was nie ʼn verrassing nie, want die Highlanders was deurgaans in beheer in die skrum.

Met van die Maori’s wat Saterdag teen die Leeus speel en wat daarom nie Dinsdag vir die Highlanders kon speel nie, en die All Blacks wat ook nie hulle All Blacks beskikbaar gestel het nie, was dit nie naastenby die Highlanders se bestes wat gewen het nie.

Wat dit meer kommerwekkend vir die Leeus maak, is dat die Highlanders nie eers op volle sterkte was nie.

Die verskoning vir die Leeus bly natuurlik dat hulle die regte kombinasies aan’ t uitsoek is, maar iewers moet hulle begin wen en veral wenkontinuïteit opbou. Saterdag se oorwinning oor die voorste Superspan, die Crusaders, gaan nie ander oorwinnings versker nie.

Die Leeus het weer goed verdedig, en het in die gelykop wedstryd so ʼn tikkie meer met die balle gehardloop en moes minder as die Highlanders verdedig. Hulle het drie drieë teen twee gedruk.

Weer was hulle dissipline egter ʼn probleem en hulle was los voor met 12-7 wat betref strafskoppe afgestaan.

CJ Stander was moontlik weer die beste van die Leeus se agttal. Hy het besit omgekeer, goed geskakel en was onstuitbaar wanneer hy aan die dryf gegaan het.

Dit was sy tweede opdraf-wedstryd en hy het, soos teen die Blues en ook toe hy teen Crusaders van die bank af gekom het, groot indruk gemaak.

Puntemakers – 

Highlanders (10) 23: Drieë: Waisake Naholo, Liam Coltman. Doelskoppe: Lima Sopoaga, Marty Banks. Strafdoele: Sopoaga 2, Banks.
Leeus (10) 22: Drieë: Jonathan Joseph, Tommy Seymour, Sam Warburton. Doelskoppe: Dan Biggar 2. Strafdoel: Biggar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frans C ·

Die verskil was die skeidsregter se vertolking van die skrumreëls,waar die voordeel na die tuisspan gegaan het.Dit was inteenstelling met die Franse skdeurgaeidsregter se vertolking in die wedstryd teen die Crusaders.

Die Crusaders was inbeheer by talle skrums maar is tog telkens gestraf.

Nico K ·

Ek weet nie of toerspanne regtig meer omgee oor toerwedstryde nie. Ek dink die Leeus het van die begin af gesê dit gaan oor die toetse. So mens moet nie te veel lees hierin nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.