Oomblik van waarheid vir Blou Bulle en Pumas

Marko Janse van Rensburg en Tazz Fuzani (agter hom) is terug in die Pumas se opdrafspan. (Foto: Johann Rynners/Steval Pumas)

Die oomblik van waarheid breek Saterdag vir die Blou Bulle en die Pumas aan wanneer die twee spanne met die aanvang van die tweede ronde in die Mbombelastadion in Nelspruit in die Supersportreeks kragte meet.

Dié twee en die Goue Leeus-vyftiental voer die botoon in die Noorderafdeling van die reeks, en terwyl die Leeus, die voorloper, Saterdag ʼn loslootjie het, kan die een wat wen vir tyd en wyl voor loop.

Die Pumas het hul eerste kragmeting op Loftus Versfeld met 31-23 gewen, maar die Bulle het sedertdien stewiger vertoon.

Die tuisspan se afrigter, Brent Janse van Rensburg, is egter vol vertroue dat hulle weer die Bulle se aggressie kan hokslaan.

Sondag se twee kragmetings in die Sentrale Afdeling by die Impala-rugbyklub in Rustenburg beloof eweneens spannende rugby op te lewer.

Veral die hoofwedstryd tussen Griekwas (eerste op die punteleer) en die Luiperds-vyftiental (tweede) behoort fel mededinging om die eerste plek op te lewer. Die Luiperds het die vorige kragmeting in Kimberley met 38-35 gewen.

Die Griffons en die Vrystaat-vyftiental speel in die vroeë wedstryd teen mekaar. Hul eerste kragmeting was ʼn rillerstryd, wat die Griffons met 38-36 gewen het, maar dis al wedstyd wat die Noord-Vrystaters dusver kon wen.

In die Suide behoort die onoorwonne Westelike Provinsie, ongeag talle gedwonge veranderinge aan die span, sy voorsprong te rek wanneer hy die OP Kings op Stadspark in Athlone die stryd aansê.

Grens het sy tuiswedstryd in die eerste ronde teen die Boland met 28-25 gewen, maar dit kan ʼn ander storie wees as hulle in die skilderagtige Ceresvallei voor ʼn hartstogtelike Bolandse skare kragte meet.

Die Bolandse span lyk aansienlik anders as verlede week se verloorspan.

In die ander wedstryd in die Noorderafdeling speel die Welwitschias in Windhoek teen die Valke.

Dit kan verwag word dat die tuisspan ʼn grootse poging sal aanwend om goed voor sy tuisskare te vaar, voordat sowat die helfte van die tuisspan se gereelde spelers saam met die Namibiese span na die Nasiesbeker-toernooi in Uruguay vertrek, en die Welwitschias se diepte in die komende weke kwaai getoets sal word.

Spanne –

Pumas: 15. Devon Williams, 14. Ruwellyn Isbell, 13. Hennie Skorbinski, 12. Ryan Nell, 11. Jean-Paul Lewis, 10. Kobus Marais, 9. Reynier van Rooyen, 8. Carel Greeff, 7. Willem Engelbrecht, 6. Brian Shabangu, 5.Hugo Kloppers, 4. Tazz Fuzani, 3. Marné Coetzee, 2. Marko Janse van Rensburg, 1. Kwezi Mona. Bank: 16. Frank Herne, 17. Jacques Kotzé, 18. Jannie Stander, 19. Nardus van der Walt, 20. Emile Temperman, 21. Sias Ebersohn, 22. Jerome Pretorius.

WP: 15. Craig Barry, 14. Marcello Sampson, 13. Michal Hazner, 12. Scott van Breda, 11. Khanyo Ngcukana, 10. Brandon Thomson, 9. Justin Phillips, 8. Jaco Coetzee, 7. Luke Stringer, 6. Eital Bredenkamp (kaptein), 5. JD Schickerling, 4. Jurie van Vuuren, 3. Frans van Wyk, 2. Chad Solomon, 1. Caylib Oosthuizen. Bank: 16. Dean Muir, 17. Michael Kumbirai, 18. Johan du Toit, 19. Conway Pretorius, 20. Godlen Masimla, 21. Ernst Stapelberg, 22. Dan Kriel.

Boland: 15. Divan Nel, 14. JP Coetzee, 13. Christopher Bosch, 12. Edwin Sass, 11. Sergio Torrens, 10. Elgar Watts, 9. Elgar Watts, 8. Zandré Jordaan (kaptein), 7. Ludio Williams, 6. Kenan Cronjé, 5. Rinus Bothma, 4. Marlyn Williams, 3. Clinton Theron, 2. Clemen Lewis, 1. Arnout Malherbe. Bank: 16. Chadley Wenn, 17. Mzuvukile Sofisa, 18. Yves Bashiya, 19. Wayne Wilschut, 20. Jovelian de Koker, 21. Adriaan Carelse, 22. Alcino Izaacs.

Welwitschias: 15. David Philander, 14. Lesley Klim, 13. JC Greyling, 12. Daryl de la Harpe, 11. Gino Wilson, 10. Theuns Kotzé, 9. Eugene Jantjies (kaptein), 8. Roderique Victor, 7. Rohan Kitshoff, 6. Thomasau Forbes, 5. Max Katjijeko, 4. Ruan Ludick, 3. Andries Rousseau, 2. Shaun du Preez, 1. Collen Smith. Bank: 16. Orbet Nortjé, 17. Desiderius Sethie, 18. AJ de Klerk, 19. Mahepisa Tjeriko, 20. Adrian Booysen, 21. Dirk von Weidts, 22. Francois Wiese.

Afskoptye –

Saterdag

15:00 Pumas teen Blou Bulle in die Mbombelastadion in Nelspruit
15:00 WP teen die OP Kings op Stadspark in Athlone
15:00 Boland teen Grens op Ceres
16:00 Welwitschias teen Valke in Windhoek

Sondag

By die Impalarugbyklub in Rustenburg
12:30 Griffons teen Vrystaat
14:30 Luiperds teen Griekwas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet de Jager ·

Darem ‘n kookwater speler, die Elgar Watts van Boland. Speel sommer losskakel en skrumskakel. Speeel Boland dus net met 14 spelers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.