Oorsese verrassing in Bok-toergroep na Australasië

Cheslin Kolbe – in die Bokke se toergroep. (Foto: thestormers.com)

Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus het die Springbok-groep wat na Argentinië gereis het, met drie spelers vergroot vir die twee Rugbykampioenskap-toetse in Australasië.

Hy het ses spelers bygevoeg by die groep wat na Argentinië gereis het en drie van daardie groep vir die twee Australasiese toetse weggelaat.

Twee van die ses bykomende spelers in die groep, wat dus met drie spelers vergroot is, het tot dusver vanjaar nie toetsrugby gespeel nie.

Die span, wat Vrydagmiddag aangekondig is, sluit ʼn paar verrassings in.

Die grootste is ongetwyfeld die insluiting van die voormalige Stormers-heelagter Cheslin Kolbe. Die 24-heealgter van Toulouse het juis die afgelope naweek met ʼn skitterende lopie ʼn drie met vaart en flinke voetwerk aangevoer wat aan dié van die ewe klein All Blacks-heelagter Damian McKenzie herinner.

Hy is dalk nét die vonk wat die Bokke agterlangs kort.

Ross Cronjé het weens ʼn besering eers weer onlangs begin speel en was daarom, en ook oor sy betrokkenheid by die Lions se Superrugby-uitspeelwedstryde, tot dusver nie by Erasmus se oefenkampe betrokke nie.

Schalk Brits, wat teen Engeland gespeel het, is ook as die derde haker na die groep herroep en vervang vir Akker van der Merwe.

Dit, en die byvoeging van Sikhumbuzo Notshe, losvoorspeler van die Westelike Provinsie, is die enigste veranderinge voorlangs.

Agter vervang Cronjé vir Ivan van Zyl, en word Jesse Kriel en Damian de Allende saam met Kolbe bygevoeg terwyl Lionel Mapoe ook in Suid-Afrika agterbly.

Die Springbokke speel op 8 September teen die Wallabies in Brisbane en die week daarna in Wellington teen die All Blacks.

Die Springbokke se toergroep ‒

Voorspelers (17 spelers, was 16 na Argentinië)
Schalk Brits, Pieter-Steph du Toit, Thomas du Toit, Eben Etzebeth, Steven Kitshoff, Siya Kolisi (kaptein), Francois Louw, Wilco Louw, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Bongi Mbonambi, Franco Mostert, Beast Mtawarira, Sikhumbuzo Notshe, RG Snyman, Marco van Staden, Warren Whiteley.

Agterspelers (14 spelers, was 12 na Argentinië)
Lukhanyo Am, Ross Cronjé, Damian de Allende, Faf de Klerk, Aphiwe Dyantyi, André Esterhuizen, Elton Jantjies, Cheslin Kolbe, Jesse Kriel, Willie le Roux, Makazole Mapimpi, Embrose Papier, Handré Pollard, Damian Willemse.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

bollie ·

Weet nie van Brits se insluiting nie. Al wat hy laaskeer gedoen het, was om vir die kamera te glimlag.

Bul ·

Franse klubrugby is effens anders as volskaalse toetsrugby veral tussen SA/AUS/NZ. Hoekom het Kolbe nie die bontebokke span gemaak toe hy in SA gespeel het nie ? O ja hy was as te klein beskou en het soms die bal in die tackle verloor. Nou sit Rassie sy hoop op midget en hoop vir die beste. Ek is bevrees Kolbe gaan die bontebokke verder laat verloor.

Callie ·

Dis soos Kolby. Hom so baie keer jammer gekry as die man met die bal op hom afhardloop, hom met een hand aan die skouer vat en uit die pad gooi en dan breed glimlag as hy n drie druk. Genade tog ou Rassie, daar is n gesegde en bewyse, verdediging wen games. Almal kan hardloop met n bal, nie almal het die hart om hulle te stop nie.

Johan ·

As ek Rassie is pak ek maar solank my tas. All Blacks gaan julle trap

Willem ·

Schalk Burger Snr het die waarheid gepraat, die hele SARU moet bedank. Maar sorry Schalk dit gaan nie ‘n vaal kol maak nie. Kyk na die Regering, dis waar die probleem is. En weet jy wat, hulle gaan ons al meer in die afgrond trek. Daar is 15 MIlj werkloses in die land wat hul stemvee is, de duiwel met die ekonomie.

Niklaas ·

Ek sou Akker saamneem instede van oukerel Britz . Eks bevrees die All blacks en Aus spanne gaan weer verby die SA vleuels talle drieë druk soos in die afgelope wedstryde. Met klein Cheslin daar sal dit nog baie meer gebeur. Maar soos altyd sal ons maar duim vashou vir n onverwagte wen daar onder.

LHS ·

Wil Erasmus nie nou maar die hele vrotsige Stormers span oproep nie, die man het nie n idee wat hy doen nie, al vir hom skynbaar belangrik is om sy base gelukkig te hou en dan het hy skynbaar nog n verpligting teenoor die W.P. en sommige oud spelers van die W.P. ook. Hierdie aanstelling saak kan gerus ondersoek word.

Willem ·

Ek bel vanaand my broer, beduie vir hom baie opgewonde, want hy is ‘n stoere rugby ondersteuner deur dik en dun, vir der jare, dis ‘n tradisie en vertel ons het vir die eerste keer in baie lang tyd Toks en Tjops gekyk, as die mese net doen wat hulle beduie. Ek het nog nie my sin voltooi nie, toe sê hy hulle kyk tennis.

Snowball ·

Ja Willem ek sien self uit na ‘n Saterdag sonder die sieldodende teleurstelling wat Springbok rugby geword het. In die hart altyd so hoopvol, net om die vernederende realiteit te beleef. Iets groots, waarmee so gemors is, is nie meer ondersteuning werd nie.

Veritas ·

Rassie begin nou-eers besef waarin hy homself begewe het. Hy span sy net al hoe wyer en vang nou tot klein, swak vissies. Rassie, jy is besig om naam weg te gooi. Is die geld wat SARU jou betaal só goed?

Henry ·

Errol Tobias en Chester Williams is skynbaar ook hard aan’t draf en bolle paas.
Tobias gaan glo die losskakel probleme oplos, terwyl Chester Williams saam met Kolbe sal drieë druk dat die biesies aan’t trille gaan.
Met Bolla Conradie, Tobias, De Ellende en De Jong aan die binnekant, gaan die Kaap sommer eersdaags weer Hollangs, ‘skies Hollands vir die Bokke wees.

Bul ·

Henry dan moet ons net vir Toetie en Snorre aanstel as afrigters en die wereldbeker is in die sakkiie.

Karel Combrinck ·

Ek wil glo die springbokspelers wat bv. teen Argentini¨verloor het, is oor die algemeen indiwidueel net so goed as in die verlede. Die probleem lê nie by die indiwiduele spelers nie, maar by die groepsielkunde. Wattter sterk groepsdinamika kan daar wees wanneer ‘n ANC-regering beslis wie en wat en hoeveel daarvan moet in die span wees en wie moet die kaptein wees. Met hierdie gegewe kan en sal daar nooit weer ‘n springbokspan wees wat die naam werd is nie.

LHS ·

Hoekom klou Erasmus nog vas aan Francois Louw , skuld hy hom iets of wat?

Andre ·

Hy kyk hoeveel Stormers spelers hy in die span kan kry. Wat is dit van die afrigtings pos dat dit van die afrigters morome maak?

Buffel ·

@Henry: sover lyk jou agterlyn goed moet net vir Toetie en Snorre aanstel as adrigters en Aswin as tegniese raadgewer dan kom die 2019 werelbeker SA toe……

Johan ·

Kry vir Aswin terug in bok span. Dan gaan bokke weer verrrrrrr wen. All Bkacks love you

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.