Oos-Kaapse Super12: dis `n OP-eindstryd

gardensSpring Rose en Gardens het seker gemaak dat twee spanne van die Oostelike Provinsie Saterdag op Despatch die eindstryd van die Oos-Kaapse Super12-reeks betwis.

Rose het `n puik vertoning gelewer om die verdedigende kampioen, Oos-Londen Polisie van die Grens, se aanspraak op vanjaar se titel in die kiem te smoor. Hy het 31-12 gewen en getoon dat hy `n wesenlike bedreiging vir Gardens in die eindstryd sal wees.

Sake het tot rustyd heel gelykop verloop met Rose wat teen blaastyd 14-12 voor was. Die OP-span het sy spelpeil in die tweede helfte gelig en op die ou end maklik gewen.

Die wedstryd op Rosedale was veel mededingender, met Gardens wat Progress net-net 13-12 geklop het om die eindstryd die derde opeenvolgende jaar te haal.

Ná `n rustydtelling van 5-5 het Gardens die botoon in die tweede helfte gevoer, met Progress wat `n klompie strafskoppe afgestaan het wat hulle uiteindelik naelskraap die wedstryd teen verlede jaar se naaswenner gekos het.

♦Die eindstryd is Saterdag 15:30 op Despatch se WJ de Wet-stadion. Progress en Polisie speel 13:30 om die derde en vierde plek uit.

 (Berig deur die OPRU verskaf.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.