Oos-Kaapse Super12: Gardens die uitskieter

gardensGardens was die uitskieter van die drie spanne uit die Oostelike Provinsie wat Saterdag tot die halfeindronde van die Oos-Kaapse oorgrens Super12-liga deurgedring het.

Soos te wagte was, was verlede jaar se naaswenner heeltemal te sterk vir Breakers, en het hy `n wegholsege van 57-0 oor die span van Queenstown behaal. Hy is gevolglik een van die gunstelinge om die titel vanjaar te wen.

Die ander drie wedstryde was veel mededingender. Spring Rose moes hard werk vir sy oorwinning van 22-12 oor die Brumbies van Grahamstad. Die telling was rustyd nog 9-9.

Die uitslag was tot reg teen die einde in die weegskaal voor Rose met `n verdoelde drie sy plek tussen die laaste vier beklink het.

Progress moes ook uithaal in sy kragmeting teen Park, maar het op die ou end 20-13 gewen.

In die wedstryd tussen twee spanne van die Grens het Oos-Londen Polisie, die verdedigende kampioen, die Walter Sisulu-universiteit 16-8 geklop.

(Berig deur die OPRU verskaf.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.