Oos-Kaapse Super12: strawwe halfeind verwag

ec prov govMet die aanvanklike skermutselinge agter die rug word strawwe mededinging verwag wanneer die kwarteindstryde in die Oos-Kaapse Super12-reeks Saterdag plaasvind.

Albei verlde jaar se finaliste, Oos-Londen Polisie en Gardens van Uitenhage is weer daar, en dit beloof `n genadelose stryd om die halfeindronde te bereik.

In die enigste kragmeting tussen twee spanne van die Grens is Oos-Londen Polisie die gasheer vir die Walter Sisulu-universiteit en behoort hy die gunsteling te wees om deur te dring. Hy sal egter nie die studente geringskat nie.

Klubs van die Oostelike Provinsie oorheers die ander kwatrteindstryde, met vyf spanne in die drie wedstryde in aksie. Die ander Grensspan is Breakers (Queenstown) met die kwaaiste uitdaging van almal as hy teen Gardens te staan kom.

Park van Port Elizabeth het verlede week verrassend teen Breakers verloor, maar wel die kwarteind gehaal en staan nou voor nog `n erge toets teen die Uitenhaagse span, Progress.

Spring Rose van New Brighton sal graag sy kleim in die reeks wil afsteek, maar die energieke Brumbies van Grahamstad sal hom hard daarvoor laat werk.

Al die wedstryde begin 15:30.

(Berig deur die OPRU verskaf.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.