Oos-Vrystaat: kampioen voor vroeë toets

oos-vrystaat-rugby-logoDie Oos-Vrystaatse kampioen, Reitz, kom Saterdag voor `n vroeë toets in die Noordergroep van die liga te te staan.

Hy speel op Reitz teen Bethlehem-oudskoliere II, wat eweneens sy wedstryd in die eerste ronde gewen het, maar met `n veel beter batige punteverskil eerste op die punteleer is.

Oudkoliere het sy eerste wedstryd teen die Leopards 80-0 gewen en Reitz het Bethlehem Collegians I 32-10 geklop.

Heilbron wat vierde is nadat Harrismith hom Saterdag 34-19 getroef het, behoort maklik in die Charles Mopelistadion op Phuthaditjhaba teen die Leopards te seëvier.

Frankfort speel sy eerste wedstryd vanjaar tuis teen Collegians I en dis nog onseker hy sterk hy is.

♦ In die Suidergroep val die kollig op die wedstryd op Ficksburg tussen die tuisspan en Oudskoliere I, met laasgenoemde die gunsteling.

Oudskoliere het Marquard 74-7 in die eerste wedstryd geklop. Collegians II het Ficksburg 24-22 geklop, maar die verloorspan het twee bonuspunte verdien.

Ladybrand het `n gedugte taak as hy in sy eerste wedstryd teen Collegians II te staan kom, maar speel darem tuis.

Marquard speel op sy tuisveld teen die nuweling, die Cougars (Arlington en Lindley), met sy basis op Lindley. Die Cougars is in die plek van Winburg, wat onttrek het, tot die liga toegelaat.

Omrede Winburg se onttrekking was Senekal nog nie in aksie nie en hy en die Cougars moet onderling reël om die wedstryd wat Senekal teen Winburg moes speel in te haal.

Opgesomde punteleer –

Suidergroep

Oudskoliere I 5, Collegians II 4, Ficksburg 2, Marquard 0. (Cougars, Ladybrand en Senekal het nog nie gespeel nie.)

Noordergroep

Oudskoliere II 5, Reitz 5, Harismith 5, Heilbron 0, Collegians I 0, Leopards I 0. (Frankfort het nog nie gespeel nie).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.