Oos-Vrystaat: kollig op Ladybrand en Senekal

oos-vrystaat-rugby-logoDie sleutelkragmeting Saterdag in die Griffons se Oos-Vrystaatse liga is dié in die Suidgroep tussen Senekal en Ladybrand.

Senekal het nog nie vanjaar verloor nie en is ná twee wedstryde in die tweede plek op die punteleer. Hy jaag die eweneens onoorwonne Bethlehem-oudskoliere, wat ná drie wedstryd voor loop.

Ladybrand is derde en goed geplaas om die tweede plek in te neem as hy `n goeie oorwinning oor Senekal kan behaal.

Albei spanne het dusver tien drieë gedruk, maar Senekal het net een afgestaan teenoor die agt wat teen Ladybrand gedruk is.

Oudskoliere speel teen Collegians II (Bethlehem) en behoort sy posisie te verstewig.

Onderlangs op die punteleer kan verwag word dat Ficksburg op sy tuisveld alles in die stryd sal werp om sy eerste sege te behaal as hy teen Marquard speel. Laasgenoemde is nog binne trefafstand van die voorlopers en sal hom nie sommer laat klop nie.

♦ In die Noordstreek lyk die onoorwonne voorloper Harrismith na die gunsteling om Frankfort te klop, maar enigeen van Collegians I en Oudskoliere II kan hul kragmeting op die Weermagveld op Bethlehem wen.

Die Oos-Vrystaatse kampioen Reitz (wat derde op die punteleer is) het punte van QwaQwa Leopards gekry, wie se veld nie beskikbaar was nie.

Met Oudskoliere II (tweede), Reitz (derde) en Heilbron (vierde) wat elkeen 11 ligapunte het, kan sake vorentoe interessant raak.

Opgesomde punteleer –

Suidgroep

Oudskoliere I 15, Senekal 9, Ladybrand 5, Marquard 5, Collegians II 4, Ficksburg 2.

Noordgroep

Harrismith 14, Oudskoliere II 11, Reitz 11, Heilbron 11, Collegians I 9, Frankfort 3, Leopards 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.