Oos-Vrystaat: Oudskoliere, Reitz voor in liga

oos-vrystaat-rugby-logoBethlehem-oudskoliere (Suid) en Reitz (Noord) is die voorlopers in die twee groepe van die Oos-Vrystaatse liga.

Oudskoliere is ná twee wedstryde steeds onoorwonne, en Reitz is danksy sy bonuspunt in sy nederlaag van 14-15 verlede Saterdag teen Harrismith steeds voor – met twee seges in drie wedstryde.

In die jongste wedstryde in die Suidgroep het Collegians van Bethlehem vir Leopards van QwaQwa 85-0 verniel; en Heilbron het Frankfort 18-12 geklop.

In die Noordgroep het Marquard 40-21 teen Collegians II gewen; en Senekal het Ficksburg 45-5 verslaan.

Cougars (Arlington en Lindley) is aan die Suidgroep onttrek en sal homself eers in `n paar vriendskaplike wedstryde moet bewys.

Opgesomde punteleer –

Suidgroep

Oudskoliere I 10, Ladybrand 5, Senekal 5, Marquard 5, Collegian II 4, Ficksburg 2.

Noordgroep

Reitz 11, Collegians I 9, Heilbron 9, Harrismith 9, Oudskoliere II 6, Frankfort 1, Leopards 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.