OP: Afgeronde Polisie klink studente se doppie

pe polisiePort Elizabeth Polisie het met goeie, afgeronde spel beïndruk en die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se doppie Vrydag in `n vriendskaplike wedstryd geklink.

Die span wat aangewys is om die Oostelike Provinsie in die nasionale oopklubreeks om die Goue Beker te verteenwoordig, het 31-10 gewen.

Bassie van der Walt, Polisie se klubadministrateur, sê die Bobbies het die bal telkemale wyd gespeel en punte aangeteken.

“Die voorspelerstryd was hard en daar was goeie dryfbewegings en harde duikslae.”

Van der Walt sê haker, Stephan Deysel, die skrumskakel, Daantjie Vosloo, en die senters, Ekhardt Jacobs en Alwyn Jordaan, was tussen Polisie se uitblinkers.

“Op die vleuel het Eben Barnard weer bewys hy behoort `n kans in die Kings se groep te kry.”

Hy sê NMMU het te veel veranderings in die wedstryd aangebring om uitblinkers uit te sonder, “maar aan veggees het dit nie by hulle geskort nie”.

missionvaleDeysel (2), Barnard, Vosloo en Jacobs het Polisie se drieë gedruk en Jean Smit het drie verdoel.

NMMU het `n doel en `n strafdoel aangeteken.

♦ Jose Jegels, die sekretaris van Missionvale, laat weet die klub het Saterdag op die Missionvlae-sportterrein teen Kwaru gespeel.

Kwaru se eerste span het 16-10 gewen, maar Missionvale se eerste reserwespan het 33-0 gewen en die tweede span 7-0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.