OP, KZN, Leeus: minstens twee nuwe kampioene

op rugbySowel die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagbeker as KwaZulu-Natal se Murraybeker kry vanjaar `n nuwe baas.

Die OP se spogreeks het in die jongste tyd volop verrassings opgelewer, en nie die minste nie was toe Gardens van Uitenhage Saterdag die bond se Goue Bekerspan, Port Elizabeth Polisie, in die halfeindronde op die Bobbies se tuisveld 22-16 geklop het.

In die ander halfeindstryd het PE Harlequins, wat verlede jaar erg gesukkel het, sy plek in die eindstryd bespreek deur Park op sy tuisveld 18-3 te klop nadat hy Despatch in die kwarteindstryd uitgeskakel het.

KZN-liga

♦ Met die vorige houer van die Murraybeker, College Rovers, reeds uitgeskakel, durf Durban Collegians vir Amanzimtoti in die eindstryd aan.

Amanzimtoti en UKZN Impi pak mekaar in `n skrum. (Foto: Graham Daniel/369 Communications)

Amanzimtoti en UKZN Impi pak mekaar in `n skrum. (Foto: Graham Daniel/369 Communications)

Collegians het Varsity College (VC) Saterdag 50-20 in die halfeindstryd geklop, en Toti het UKZN Impi 25-19 uitgeskakel.

♦ In die reeks om die Peter Taylorbeker (Premierliga Reserwes) het Collegians vir VC 45-7 geklop, en Toti vir Impi 57-19.

♦ Vryheid het nog `n puik vertoning in die reeks om die Junior Murraybeker gelewer en slegs 23-24 teen die Premierligaspan Zululand Rhinos (Empangeni) verloor.

Die verdedigende kampioen, Hillcrest, het Westville Old Boys (WOB) 24-8 geklop.

♦ Richardsbaai het Vryheid 23-20 in die halfeindronde van die Keith Parkinsonbeker (Eerste Liga Reserwes) geklop, en WOB vir Hillcrest 31-5.

♦In die O.20A-liga (Frank Norrisbeker) het VC vir Rovers 50-17 en Collegians vir Crusaders 57-18 geklop.

GLRUGLRU-liga

♦ Pirates het die geleentheid om die studente-oorheersing in die Goue Leeus-rugbyunie se Pirates-grootuitdaagreeks te beëindig wanneer hy die Universiteit van Johannesburg in die eindstryd aandurf nadat hy Raiders Saterdag 33-25 in die halfeindstryd geklop het.

UJ het die NWU Pukke 34-17 verslaan.

♦ In die Onderste 5 van die reeks pak Randfontein en Roodepoort mekaar in die eindstryd, en in al die ander afdelings spook UJ en die NWU Pukke sake uit.

♦ In die Senior Grootuitdaagreeks is die heersende kampioen, Diggers, in al drie eindstryde. Germiston Simmer daag sy eerste en tweede span en UJ Soweto sy 0.20s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.