OP-liga: afwagting gaan langer duur

op rugbyDie afwagting in die Oostelike Provinsie-rugbyunie (OPRU) se Grootuitdaagbeker gaan ietwat langer duur met die uitstel van Saterdag se beplande wedstryd tussen die twee groot kanonne.

Die ondersteuners sal nog `n rukkie moet wag om te sien wie van Port Elizabeth Polisie en Despatch vanjaar die botoon sal voer.

Onmin het vroeër vanjaar geheers nadat Polisie as die bond se verteenwoordiger in die Goue Bekerreeks benoem is en Despatch dit betwis het.

Met die nuwe formaat van die Grootuitdaagreeks het die twee spanne nog nie vanjaar kragte gemeet nie omdat hulle in die opstelronde in twee verskillende afdelings meegeding het.

In die Top10 het die Brumbies van Grahamstad en Port Elizabeth Harlequins Saterdag 17-17 gelykop gespeel; Spring Rose (New Brighton) het 39-30 teen Star of Hope (Uitenhage) gewen; en Gardens (Uitenhage) het Park (PE) 25-23 getroef.

Die wedstryd tussen die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) en Progress (Uitenhage) is ook uitgestel.

Ander uitslae –

Grootuitdaagreeks

Onderste 10

African Bombers (Zwide) 37, PE Crusaders 28; Trying Stars (Alexandria) 23, Sentraal (Graaff-Reinet) 20; Kruisfontein (Humansdorp) 29, Wallabies (Gelvandale) 22.

Die bepaalde wedstryde tussen Suburbans (Kleinskool) en Evergreens Krakeel asook tussen Born Fighters (Somerset-Oos) en Windvogel United het nie plaasgevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.