OP-liga: agteros skok voorloper met sege

op rugbyDie agteros in Groep A van die Top10 in die Oostelike Provinsie se reeks om die Grootuitdaagbeker het Saterdag vir `n groot skok gesorg deur die voorloper in Groep B tot oorgawe te dwing.

Die Brumbies van Grahamstad, wat dusver net ses uit 13 wedstryde kon wen, het die bond se goue Bekerspan en voorloper in Groep B, Port Elizabeth Polisie, 15-14 geklop.

Nog `n verrassing het gevolg toe Spring Rose (New Brighton) die voorloper in Groep A, Gardens (Uitenhage) 8-3 verslaan het.

Dié uitslag en Park (Port Elizabeth) se sege van 27-18 oor Progress (Uitenhage) saam met Despatch se oorwinning van 52-15 oor die Nelson Mandela- Metroloplitaanse Universiteit (NMMU) het Despatch in staat gestel om weer die voortou in Groep A te neem, nadat `n tugkomitee van die OP-rugbyunie (OPRU) tien punte by hom weggeneem en vyf elk vir Suburban (Kleinskool) en Gelvandale Wallabies gegee het.

Dit het Despatch in die derde plek geplaas met Gardens eerste en Progress tweede.

In Saterdag se ander Top10-wedstryd het Star of Hope (Uitenhage) 15-12 teen PE Harlequins gewen.

Onderste 10

In die Onderste 10 het Sentraal (Graaf-Reinet) verrassend goeie weerstand teen Suburbans gebied, wat slegs 29-28 kon wen; en Wallabies het Born Fighters (Somerset-Oos) hard vir `n skamele sege van 8-7 laat werk.

Kruisfontein het Crusaders (PE) oordonder en 78-5 gewen.

Die wedstryde tussen Trying Stars (Alexandria) en African Bombers (Zwide) en tussen Evergreens Krakeel en Windvogel United het nie plaasgevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.