OP-liga: beserings, sewes ry Madibaz bloots

madibaz-logoBeserings ry steeds die Nelson Mandela- Metrolopitaanse Universiteit (NMMU) bloots in die Oostelike Provinsie-rugbyunie se Grootuitdaagreeks, en die sewesreeks om die Varsitybeker eis eweneens sy tol.

Park het Saterdag sy wedstryd teen die Madibaz 37-3 gewen.

Kevin Godfrey, die hoofafrigter van die NMMU, sê die studentespan het tien sleutelspelers op die krukkerlys en nog 12 kon vanweë hul verpligtinge in die sewesreeks nie speel nie.

“In ag genome dat nie minder nie as 11 o.20-spelers hul buiging gemaak het in die span wat Saterdag uitgedraf het, was die studente baie mededingend.”

Godfrey sê voorlangs het Nikk Roebeck en Tyron Rankin goed gespeel, en in die agterlyn het Nathie Botha en Luvo Claassen die oog gevang.

♦ Die OP se Goue Bekerspan, Port Elizabeth Polisie, het 28-0 teen Evergreens Krakeel gewen; en sy vernaamste mededinger, Despatch, het Star of Hope (Uitenhage) 77-0 verniel.

Die Oos-Kaapse Super12-kampioen, Gardens van Uitenhage, het 12-7 teen Trying Stars van Alexandria gewen.

Twee nuwelinge in die liga het waarskuwings gerig deur van die ouer ingestetenes te klop. Suburbans (Kleinskool) het Windvogel United 52-34 geklop; en Born Fighters (Somerset-Oos) het Spring Rose (New Brighton) 30-27 geklop.

Laasgenoemde was die naaswenner in die Super12-reeks waarin spanne van die OP en Grens meegeding het.

Ander uitslae –

Grahamstad Brumbies 43, Crusaders (Port Elizabeth) 12; Port Elizabeth Harlequins 15, African Bombers 14; Progress (Uitenhage) 31, Gelvandale Wallabies 20; Kruisfontein (Humansdorp) 28, Sentraal (Graaff-Reinet) 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.