OP-liga: Despatch aan die opstaan

Sy vertoning Saterdag in die Oostelike Provinsie-rugbyunie (OPRU) se Grootuitdaagreeks laat dit lyk of die meermalige SA klubkampioen Despatch aan die opstaan is.

Ná sy teleurstellende vertoning vroeër vanjaar in die Oos-Kaapse Super 12-reeks, het hy oortuigend met een van dié reeks se eindstryders afgereken.

Despatch het sy wedstryd teen Progress van Uitenhage met 28-15 gewen.

Aan die keersy het die bond se Goue Bekerspan van verlede jaar, Port Elizabeth Polisie, ʼn verpletterende nederlaag van 7-37 teen die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) gely.

Die studente het die afgelope jaar of wat ʼn brakkol beleef, en dit lyk of dáár ook nuwe lewe is.

Park van Port Elizabeth het sy goeie lopie vanjaar voortgesit deur Born Fighters van Somerset-Oos met 69-0 af te ransel.

Drie ander wedstryde is almal met ʼn speling van ses punte gewen.

Windvogel United het Gelvandale Wallabies met 21-15 geklop; en African Bombers (Zwide) het presies dieselfde met United Barbarians van Patensie gedoen.

Brumbies (Grahamstad) het Suburbans (Kleinskool) met 20-14 op sy plek gesit.

Die geskiedkundige klub Crusaders het die tweede opeenvolgende week punte weggegee, dié keer teen Trying Stars van Alexandria; en Sentraal (Graaf-Reinet) het dieselfde teen Spring Rose (New Brighton) oorgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.