OP-liga: groot verrassings in topreeks

op rugbyDie Oostelike Provinsie se Grootuitdaagreeks se Top10 het Saterdag `n paar groot verrassings opgelewer.

Port Elizabeth Polisie, die bond se verteenwoordiger in die internasionale reeks om die Goue Beker, het sy eerste slae vanjaar op die lyf geloop toe Gardens hom 23-21 op Uitenhage geklop het.

Nog `n uitslag wat ondersteuners skeef laat opkyk het, is PE Harlequins se sege van 33-28 oor Progress (Uitenhage), een van die voorste spanne in die reeks.

Dit lyk of Pretoria Harlequins se broederskapsgebaar om blitsig `n stel leentruie aan die PE klub beskikbaar te stel toe sy truie gesteel is, werklik die klub tot groter hoogtes aangespoor het.

In die ander wedstryde het Despatch Spring Rose van New Brighton 49-38 geklop; en Park het 37-13 met die Brumbies van Grahamstad afgereken.

In die Onderste 10 het Trying Stars (Alexandria) 34-19 teen Born Fighters (Somerset-Oos) gewen; en African Bombers (Zwide) het Windvogel United 17-14 geklop.

Die wedstryde tussen Star of Hope (Uitenhage) en die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit, en tussen Suburbans (Kleinskool) en Kruisfontein (Humansdorp) is uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.