OP-liga: kan verrassingspakkie aanhou wen?

op rugbyDie groot vraag rakende Saterdag se eindstryd in die Woolfsonstadion om die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagbeker is of die reeks se verrassingspakkie kan aanhou wen.

Port Elizabeth Harlequins het die Baaise rugby geskud toe hy Despatch, wat die OP se klubrugby die afgelope klompie jare oorheers het, in die kwarteindronde 21-20 uitgeskakel het – nogal op die meermalige SA klubkampioen se tuisveld.

Hy het dit opgevolg deur Park ook op sý tuisveld 18-3 in die halfeindronde te klop.

Min waarnemers het dit sien kom toe Quins vir die eerste verrassing van die seisoen gesorg het toe hy een van verlede seisoen se halfeinders, die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) 23-17 geklop het.

Nou is die vraag of hy kan aanhou wen wanneer hy Saterdag teen die Oos-Kaapse Super12-kampioen, Gardens van Uitenhage, te staan kom.

Gardens het self rugbylui in die halfeindstryd skeef laat opkyk toe hy die OP se Goue Bekerspan, PE Polisie, 22-16 op die Bobbies se tuisveld geklop het.

Die program –

11:00 Gardens teen PE Harlequins (Eerste Reserweliga)

12:30 Suburbans (Kleinskool) teen Trying Stars (Alexandria) (Grootuitdaag-Onderste 10)

14:00 Patensie Barbarians teen Despatch Oostelikes (Grootuitdaagskild)

15:30 Gardens teen PE Harlequins (Grootuitdaagbeker)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.