OP-liga: laagtepunt vir Goue Bekerklub

Die klub wat die Oostelike Provinsie in jongste internasionale reeks om die Goue Beker verteenwoordig het, het ʼn laagtepunt in die afgelope weekronde van die bond se reeks om die Grootuitdaagbeker beleef.

Kruisfontein United van Humansdorp het Port Elizabeth Polisie oortuigend met 22-12 geklop.

Die OP-kampioen, Gardens van Uitenhage, het Gelvandale Wallabies met 62-3 oorrompel.

Progress (Uitenhage), Despatch en Park (PE) is almal nog op die wenpad en het onderskeidelik Windvogel United met 22-0, Trying Stars (Alexandria) met 36-14, en Spring Rose (New Brighton) met 41-15 verslaan.

PE Harlequins het met 31-19 met Born Fighters (Somerset-Oos) afgereken; en die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) het United Barbarians (Patensie) met 27-10 getroef.

Brumbies (Grahamstad) en Star of Hope (Uitenhage) het met 24-24 gelykop gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.