OP-liga lewer verrassings en groot hartseer op

Die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagreeks het Saterdag nie net sy gewone verrassings nie, maar ook groot hartseer opgelewer.

Niemand kan hom daarin verheug dat Port Elizabeth Crusaders punte teen die Brumbies van Grahamstad moes gee nie.

Dis een van die oudste klubs in die land en herdenk vanjaar sy 130ste verjaardag. Die eerste rugbytoets op Suid-Afrikaanse bodem is in 1891 op sy veld gespeel.

Wat die verrassings betref, het die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) ná ʼn sukkeljaar of wat ʼn oortuigende sege van 42-15 oor Spring Rose van New Brighton, een van die bond se sterkste klubs, behaal; en United Barbarians, wat verlede week die OP se jongste Goue Bekerspan, Port Elizabeth Polisie laat tuimel het, het met 3-19 teen Park verloor.

Trying Stars van Alexandria het eweneens goed vertoon deur slegs met 13-15 teen die verdedigende Oos-Kaapse Super 12-kampioen én die OP se Grootuitdaagbekerhouer, Gardens van Uitenhage, te verloor.

Die Bobbies is weer op die wenpad, en het met 37-24 teen PE Harlequins gewen.

Ander uitslae –

Suburbans (Kleinskool) 12, Windvogel United 12; Progress (Uitenhage) 50, Gelvandale Wallabies 19; Despatch 38, Star of Hope (Uitenhage) 28; Kruisfontein (Humansdorp) 38, Born Fighters (Somerset-Oos) 14.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.