OP-liga: nuweling reken met leeutemmer af

pe polisiePas verlede week het Progress van Uitenhage vir die opskudding van die seisoen gesorg deur Despatch in die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagreeks te klop; Saterdag kry hy toe self slae by een van die nuwelinge in die reeks.

Sy dorpsgenoot Star of Hope het die kragmeting tussen die twee spanne 20-15 gewen.

Dis een van verskeie gevalle die afgelop tyd waar van die spanne wat vanjaar tot die uitgebreide reeks toegelaat is, met die ou ingesetenes afreken.

In nog so `n geval Saterdag het Suburbans (Kleinskool) 27-22 teen Trying Stars (Alexandria) gewen.

Daar was `n paar kommerwekkend groot oorwinnings die afgelope week. Harlequins (Port Elizabeth) het Evergreens Krakeel 103-0 verniel; die Goue Bekerspan Port Elizabeth Polisie het Born Fighters (Somerset-Oos) 76-5 geklop; Gardens (Uitenhage) het Crusaders (PE) 65-5 verslaan; die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) het African Bombers (Zwide) 57-29 geklop; en Despatch het Windvogel United 47-6 geklop in `n wedstryd wat vroeg gestaak is.
In die ander wedstryde het Spring Rose (New Brighton) vir Kruisfontein (Humansdorp) 44-15 geklop, Brumbies (Grahamstad) vir Gelvandale Wallabies 31-10, en Sentraal (Graaff-Reinet) het punte teen Park (PE) gegee.

♦ Marius van der Walt, die hulpafrigter van Polisie, sê hulle het 12 drieë gedruk in `n wedstryd wat die Bobbies totaal oorheers het met voor- en agterspelers wat uitstekend gekombineer het.

“Die teenstanders het nooit tou opgegooi nie en het moedig teen die oorheersing baklei.

“Uitblinkers aan Polisiekant was die losskakel, Juan Smit, wat die gang van die wedstryd gedikteer het, en voorlangs het Ferdie Gerber `n barshou gespeel.”

madibaz-logoEben Barnard het vyf van Polisie se drieë gedruk (25 punte) en Smit het agt verdoel (16 punte). Hannes Huisamen het twee gedruk en Eckard Jacobs, Daan Vosloo, Marius Olivier, Gerber en Kevin Plaaatjies een elk.

♦ Kevin Godfrey, die hoofafrigter van NMMU, sê die span het heelwat beter teen Bombers vertoon, maar hulle steun steeds swaar op jong spelers.

Onder die voorsplers het Tyronne Kunneke, Lona Ntsila en Max Baphiwe uitgemunt. Agterlangs het Yamkhele Ngam, Joel Waits en Khaya Molatana getoon hulle sal nog staatmakers van NMMU-rugby word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.