OP-liga: Park beleef beste seisoen in jare

Park van Port Elizabeth, in die amateurera lank een van die steunpilare van rugby in die Oostelike Provinsie, beleef een van sy beste seisoene in jare.

Hy het Saterdag met 27-21 in die Toptien-afdeling van die bond se reeks om die Grootuitdaagbeker gewen teen Despatch, ʼn meermalige Suid-Afrikaanse klubkampioen.

Park het tot dusver vanjaar heelwat beter as die afgelope klompie seisoene gevaar.

Die verdedigende kampioen, Gardens van Uitenhage, het sy hande vol gehad om met 24-20 teen Port Elizabeth Harlequins te wen.

Die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) het in nog ʼn taai stryd met 34-31 teen Star of Hope (Uitenhage) gewen; en Progress (Uitenhage) het met 35-29 teen Kruisfontein (Humansdorp) gewen.

Die wedstryd op Grahamstad tussen die plaaslike Brumbies en Port Elizabeth Polisie is uitgestel.

Wat die Onderste Tien-afdeling betref, het Sentraal (Graaff-Reinet) verras deur Windvogel United met 28-18 te klop.
Born Fighters (Somerset-Oos) het met 31-13 teen Trying Stars (Alexandria) gewen; en Suburbans (Kleinskool) het African Bombers (Zwide) met 29-23 ondergesit.

Gelvandale Wallabies se wedstyd in dié afdeling teen Barbarians op Patensie is ook uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.