OP-liga: Progress doring in Despatch se vlees

progress-logoProgress was Saterdag die doring in Despatch se vlees in die Oostelike Provinsie se reeks om die Grootuitdaagbeker.

Die Uitenhaagse span het die kragmeting op die Sentrale Veld op die dorp 39-26 gewen.

Rodney Joseph, die hoofsekretaris van Progress, sê die manne in blou het Despatch in elke faset van die spel geheel en al oorheers.

“Ons agttal onder leiding van die kaptein, Archie Gans (wat die speler van die wedstryd was), Sanwill Jacobs, Elandré Smit en Michael de Vos was dorings in Despatch se vrees.

“In die agterlyn het die op en wakker skrumskakel, Winston van Heerden, en die senter Curtis Sias veral uitgeblink.”

Progress se drieë is deur Shavandre Swartbooi, Joel Swartz, Gans, Shaun Basson, De Vos en Benjamin Madlingozi gedruk. Swartz het twee doelskoppe en `n strafdoel vir `n eie totaal van 12 bygevoeg, en Sias het met `n doelskop geslaag.

♦ Die OP se Goue Bekerspan, Port Elizabeth Polisie, het die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) 31-5 geklop.

Ander uitslae –

Windvogel United 16, Gelvandale Wallabies 15; Park (Port Elizabeth) 45, Born Fighters (Somerset-Oos) 0; African Bombers (Zwide) 20, Evergreens Krakeel 14; Spring Rose (New Brighton) 19, Sentraal (Graaf-Reinet) 10; Grahamstad Brumbies 30, Suburbans (Kleinskool) 0; Trying Stars (Alexandria) 28, Crusaders (Port Elizabeth) 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.