OP-liga: seuns teen manne deug nie

madibaz-logoDit deug nie om seuns teen hardebaarde te laat speel nie.

Dié les het die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) Saterdag weer bewys toe die Oostelike Provinsie se Goue Bekerspan, Port Elizabeth Polisie, hom 31-5 in die reeks om die Grootuitdaagbeker geklop het.

Kevin Godfrey, die Madibaz se hoofafrigter, sê dit was `n geval van seuns teen manne, want nie minder nie as 12 van die studentespelers is nog o.21s.

“Ons soek allermins verskonings, want Polisie het `n baie goeie span.”

Godfrey sê Nik Roebeck en Arno Lotter het goed in die NMMU-agttal vertoon.

Agterlangs het Yamkhele Ngam, Khaya Malotana en Riaan Esterhuizen goed gevaar in die stryd teen `n besonder goeie Polisie-agterlyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.