OP-liga: twee spanne ruk merkwaardig reg

madibaz-logoVeral twee spanne in die Oostelike Provinsie (OP) se reeks om die Grootuitdaagbeker het Saterdag merkwaardig verbeter op hul vertonings van die vorige week.

Sentraal (Graaff-Reinet), wat punte teen Park (Port Elizabeth) gegee het, se skaflike nederlaag van 3-26 teen die omgekrapte Goue Bekerspan Port Elizabeth Polisie vertel `n heel ander verhaal; en Kruisfontein (Humansdorp) wat 15-44 teen Spring Rose (New Brighton) verloor het, het met slegs vyf punte (20-25) teen Park verloor.

Van die ander voorste spanne het Despatch die Brumbies (Grahamstad) 27-16 geklop; en Gardens (Uitenhage) het Suburbans (Kleinskool) 42-10 verslaan.

Harlequins het 24-17 teen die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) gewen; Star of Hope (Uitenhage) het Windvogel United 18-7 geklop; Trying Stars (Alexandria) het Gelvandale Wallabies 26-10 verslaan; en Born Fighters (Somerset-Oos) het African Bombers (Zwide) 18-7 getroef.

♦ Kevin Godfrey, die hoofafrigter van NMMU, sê die wedstryd teen Harlequins was straf, en Quins het rustyd 13-12 voorgeloop.

“Ons het onsself in `n posisie geplaas dat ons die laaste rondomtalie-wedstryd teen Evergreens Krakeel moet wen om vir die tweede ronde van die reeks, waarin die vyf topspanne in elke groep teen mekaar meeding. In aanmerking te kom.”

Godfrey sê hulle gaan voort on die jongelinge speelkans in die baie mededingende reeks te gee.

“Ek glo deur hierdie spelers te ontwikkel sal die universiteit vorentoe op hul knoppie kan druk.”

Hy sê veral Nik Roebeeck en Jedwyn Harty het in die agttal uitgeblink, en agterlangs het Joel Waits en Taswin da Silva goed gevaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.