OP-liga: voorste spanne kry op hul baadjie

Gardens-cropTwee van die voorste spanne in die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagreeks het Saterdag op verrassende wyse op hul baadjie gekry.

Gardens van Uitenhage het Despatch, wat verlde jaar nog tussen die agt top- oop klubs in die land getel het, 19-12 geklop; en die Brumbies (Grahamstad) het Progress (Uitenhage) oortuiged 26-6 verslaan.

Port Elizabeth Polisie, die OP se Goue Bekerspan, het `n goeie sege van 32-12 oor Spring Rose (New Brighton) behaal; en in die naweek se taaiste stryd het Star of Hope (Uitenhage) 22-21 teen Trying Stars (Alexandria) gewen.

Wallabies (Gelvandale) het Crusaders van Port Elizabeth, een van die land  se oudste klubs, 22-7 gklop.

In die ander wedstryde in die reeks het PE Harlequins 26-20 teen Sentraal van Graaff-Reinet gewen; Kruisfontein (Humansdorp) het 32-8 teen African Bombers (Zwide) geseëvier; en Born Fighters (Somerset-Oos) het Krakeel Evergreens 76-17 oorskadu.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.