OP se stil fluitjies klink weer skril op

Die Oostelike Provinsie se skeidsregters het Saterdag weer die fluitjie opgeneem nádat ʼn staking van twee weke beëindig is.

Hulle het beswaar aangeteken teen toenemende beledigings en selfs aanranding in die bond se ligas.

Port Elizabeth Polisie, wat die bond verlede jaar in die reeks om die Goue Beker verteenwoordig het, het ná ʼn wisselvallige seisoen tot dusver, Saterdag daarin geslaag om Despatch met 41-26 te verslaan.

Die verdedigende Grootuidaagkampioen, Gardens, het met 23-14 teen Park gewen, wat vanjaar ʼn goeie seisoen beleef.

PE Harlequins het sy kragmeting teen Star of Hope van Uitenhage met 17-14 beklink.

Op Grahamstad het Kruisfontein van Humansdorp die plaaslike Brumbies met 28-22 oorwin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.