Die laaste toets in die 2016-Rugbykampioenskap Saterdagaand (20:30) op Twickenham tussen Argentinië en Australië kan nie vir die All Blacks uit die eerste plek stamp nie, maar is vir Suid-Afrika belangrik.
ʼn Tweede plek tel natuurlik nie, maar dit is wel beter as ʼn derde plek. En Suid-Afrikaanse ondersteuners moet hoop die Poemas wen die wedstryd in Londen sodat die Springbokke (waarskynlik) die tweede plek op die punteleer sal behou.
Soos sake nou staan, en met die onwaarskynlike kans dat hulle die All Blacks sal klop en selfs net ʼn geringe kans vir ʼn verloor-bonuspunt, sal Suid-Afrika op 10 ligapunte bly. Dit is met hierdie veronderstelling dat die volgenge moontlikhede volg.
Die Wallabies is ʼn enkele ligapunt agter Suid-Afrika in die derde plek, maar met ʼn veel swakker puntegemiddeld. Klop die Wallabies die Poemas, is hulle tweede.
Selfs al kry die Wallabies ʼn bonuspunt teen die Poemas maar verloor die wedstryd, kan die Springbokke op puntverskil tweede wees, afhangende van met hoeveel punte die Bokke teen die All Blacks verloor. Die Poemas moet egter ʼn wenbonuspunt behaal om op 10 ligapunte te staan te kom.
Gebeur dit, sal die Poemas die Wallabies deeglik moet klop om Suid-Afrika op die puntelys verby te steek.
En daar is ook `n kans dat die Bokke vierde kan eindig. Maar dit sal van die stryd in Durban se telling afhang.
♦ In hulle eerste kragmeting het die Wallabies verspot-maklik, 36-20, in Perth teen die Poemas gewen. Die Argentynse voorspelers was deurgaans in die Rugbykampioenskap mededingend, maar hoewel hulle heelwat hardlooprugby gespeel het en die bal behou goed was, is daar kommer dat die Poemas-agterlyn nie genoegsame deurdringingsvermoë het nie.
Die besluit om op Twickenham te speel, neem ook dadelik die Argentyne se tuisveldvoordeel weg – en soos almal weet, is hulle op tuisbodem ʼn baie moeilike kalant.
Die punteleer soos dit nou daar uitsien (span, punteverskil, ligapunte) –
All Blacks 205 25
Springbokke -21 10
Wallabies -40 9
Poemas -75 5
Spanne –
Argentinië
15 Joaquín Tuculet, 14 Matías Moroni, 13 Matías Orlando, 12 Santiago González Iglesias, 11 Manuel Montero, 10 Nicolás Sánchez, 9 Martín Landajo, 8 Leonardo Senatore, 7 Javier Ortega Desio, 6 Pablo Matera, 5 Matías Alemanno, 4 Guido Petti, 3 Ramiro Herrera, 2 Agustín Creevy, 1 Lucas Noguera. Bank: 16 Julian Montoya, 17 Santiago García Botta, 18 Enrique Pieretto, 19 Marcos Kremer, 20 Juan Manuel Leguizamon, 21 Tomás Cubelli, 22 Jerónimo De la Fuente/Gabriel Ascarate, 23 Ramiro Moyano/Lucas Gonzalez Amorosin
Australië
15 Israel Folau, 14 Dane Haylett-Petty, 13 Samu Kerevi, 12 Bernard Foley, 11 Reece Hodge, 10 Quade Cooper, 9 Will Genia, 8 Lopeti Timani, 7 Michael Hooper, 6 Dean Mumm, 5 Adam Coleman, 4 Rory Arnold, 3 Sekope Kepu, 2 Stephen Moore (kapt.), 1 Scott Sio. Bank: 16 James Hanson, 17 Tom Robertson, 18 Allan Ala’alatoa, 19 Kane Douglas, 20 Scott Fardy, 21 Leroy Houston, 22 Nick Phipps, 23 Tevita Kuridrani
Dit tel niks. 2de of laaste is dieselfde. Soos goeie verloorders, kom altyd 2de. Asb stop dit. Daar is nie mooi verloor nie.
Fire Coetzee.
Stel Ackermann aan…iemand wat dalk iets sal regkry!!