Opskudding, verwarring in Goue Leeus se liga

Opskudding en verwarring het die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se ligas Saterdag gekenmerk.

Roodepoort het vir die skok der skokke gesorg.

Dié eertydse Suid Afrikaanse klubkampioen het skaars twee maande gelede nog met 7-127 teen Raiders in die bond se Pirates-grootuitdaagreeks (PGU) verloor.

Saterdag het hy Pirates – derde op die punteleer, en die span wat die GLRU verlede jaar in die oop klubs se reeks om die Goue Beker (GB) verteenwoordig het – met 32-31 verslaan.

Hy het daarmee waarskynlik ʼn einde gemaak aan die Greenside-klub se kans om weer vanjaar in die GB-reeks te speel.

Verwarring oor Wanderers se deelname aan die reeks het uitgekring nadat die klub twee keer nie sy bepalings teen Raiders nagekom het nie.

Na wat vasgestel kan word, is die wedstryd uitgestel wat aanvanklik twee weke gelede moes plaasvind, maar onsekerheid bestaan nadat hy ook nie Saterdag die hersiene bepaling nagekom het nie.

Op die koop toe is die wedstryd in die Senior Grootuitdaagreeks (SGU) tussen Kagiso en Southern Knights van Naturena in die eerste helfte gestaak.

Ander uitslae –

PGU

Tweede spanne

Pirates 21, Roodepoort 19.

Derde spanne

Pirates 36, Roodepoort 12.

Onder 21-spanne

Pirates 31, Roodepoort 15.

Onder 19-spanne

Pirates 26, Roodepoort 19.

Bailybeker

Eerste spanne

Johannesburg Polisie 102, Soweto Eagles 15; Germsiton Simmer 25, Alberton 23; Unie 48, Harlequins 31.

Tweede spanne

Polisie 59, Soweto 24; Alberton 41, Simmer 12; Unie 66, Quins 5.

Derde spanne

Polisie 28, Soweto 0; Alberton 22, Simmer 17; Quins 10, Unie 3.

Onder 21-spanne

Polisie 34, Soweto 17; Alberton 24, Simmer 0; Unie 58, Quins 0.

Onder 19-spanne

Soweto 25, Polisie 10; Alberton 45, Simmer 10, Quins 42, Unie 5.

SGU

Eerste spanne

Alexandra Wolves 18, Eldoronians 15.

Onder 20-spanne

Alex 31, Eldos 0.

Opgesomde punteleer –

PGU

Eerste spanne

NWU Pukke 47, Raiders 45, Pirates 40, UJ 37, Wits 28, Randfontein 13, Roodepoort 11, Wanderers 9.

Tweede spanne

UJ 45, Raiders 45, Pirates 43, Pukke 38, Wits 20, Randfontein 15, Wanderers 9, Roodepoort 7.

Derde spanne

Pukke 54, Raiders 44, Pirates 37, Wanderers 28, UJ 21, Randfontein 17, Wits 16, Roodepoort 5.

Onder 21-spanne

Pukke 50, UJ 45, Wits 35, Raiders 33, Pirates 33, Randfontein 15, Roodepoort 13, Wanderers 0.

Onder 19-spanne

Pukke 50, UJ 44, Wits 38, Pirates 34, Roodepoort 21, Wanderers 21, Randfontein 9, Raiders 6.

Bailybeker

Eerste spanne

Simmer 40, Polisie 39, Alberton 33, Quins 22, Diggers 18, Unie 15, Soweto 1.

Tweede spanne

Alberton 45, Polisie 42, Diggers 29, Unie 19, Simmer 15, Quins 9, Soweto 5.

Derde spanne

Quins 49, Polisie 45, Alberton 30, Simmer 17, Unie 15, Diggers 10, Soweto 0.

Onder 21-spanne

Alberton 43, Diggers 33, Unie 28, Polisie 17, Simmer 16, Soweto 10; Quins 6.

Onder 19-spanne

Alberton 50, Quins 30, Soweto 17, Simmer 14, Polisie 13, Unie 10, Diggers 6.

SGU

Eerste spanne

Tshuma Stingers 21, Knights 20, Alex 17, Kagiso 5, Eldos 2.

Tweede spanne

Kagiso 5, Alex 0.

Onder 20-spanne

Alex 29, Knights 17, Stingers 9, Kagiso 9, Eldos 7.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.