Opslae in Ierland oor SA slot se dwelmstraf

ʼn Gewese Stormers-slot se straf vir die gebruik van verbode middels het Ierse rugby in rep en roer.

Daar heers na berig word groot ontevredenheid oor die eenjaarkontrak wat die Ierse provinsie Munster in Junie 2017 met die gewese Stormers-slot Gerbrandt Grobler gesluit het.

Dit word gekritiseer aan die hand van ʼn stelling in die Ierse Rugbyunie (IRFU) se anti-dwelmverslag vir 2016-2017 dat die unie ʼn 0-verdraagsaamheid ten opsigte van die gebruik van verbode middels handhaaf.

Grobler was twee jaar lank geskors vir die gebruik van ʼn anaboliese steroïed in 2014.

Kritici reken omdat die IRFU hiervan bewus was, moes hy ʼn stokkie voor die kontraksluiting gesteek het.

Luidens berigte het die unie aangedui dat hy sy beleid ten opsigte van die werwing van bekende dwelmoortreders sal hersien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.