Opwindende einde wag op Currie- Eerste Liga

Geen draaiboekskrywer kon ʼn opwindender rondomtalie-einde vir aanstaande naweek beplan het, as wat in die Curriebeker- Eerste Liga wag nie.

Die verdedigende kampioen, die Griffons, het skielik nuwe lewe gekry, en sy merkwaardige sege Saterdag van 40-29 oor die (voor die afskop) voorloper, die Luiperds, het die halfeind-deure wawyd oopgegooi.

Die Luiperds, wat onoorwonne Welkom toe is, was rustyd gerieflik met 21-12 voor, en het die Griffons se veggees waarskynlik onderskat.

Die omgekrapte Perstruie het ná die blaaskans 28 punte opgestapel, waar die besoekers slegs agt kon bymekaarskraap.

Dit beteken dat die Suidwestelike Distrikte die nuwe voorloper in die reeks is, nadat hy Vrydag oortuigend met Boland afgereken het.

Dis ook slegte nuus vir laasgenoemde, wat sy verpligtinge afgehandel het, en hulpeloos moet toekyk hoe die Griffons hom dalk uit die halfeindronde kan boender.

Die puntemakers –

Griffons 40 (12) – Drieë: Barend Potgieter (2), Tertius Maarman (2), Cody-Anthony Basson, Marwana Nkululeko. Doelskoppe: Duan Pretorius (5).

Luiperds 29 (21) – Drieë: Gerhard Nortier (2), Robert Hunt, HP Swart. Doelskoppe: Schalk Hugo (3). Strafdoel: Schalk Hugo.

Opgesomde punteleer –

SWD 21, Luiperds 20, Valke 17, Boland 15, Griffons 14, Grens 11, OP 3.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.