Ou Intervarsity-vyande, eenmalige wenner en ’n kroniese verloorder slaags

Sechaba Motsoele, heelagter van die Shimlas, kan verdediging aan flarde hardloop. Foto: Van Zyl Naudé/Saspa

Sechaba Motsoele, heelagter van die Shimlas, kan verdediging aan flarde hardloop. Foto: Van Zyl Naudé/Saspa

Die hoof-bestanddele vir Maandagaand se Varsitybeker-wedstryde is drie wedstryde tussen tradisionele Intervarsity-vyande, ʼn segelose span en ʼn nuwe wenner.

Stryd tussen twee Kaapse buurmanne

Wanneer die Kaapse buurmanne, die Ikeys en die Maties, mekaar op die rugbyveld pak is daar tradisioneel soos in hulle intervarsities vir 80 minute geen genade nie en word alles in die stryd gewerp om die ander span te uitoorlê.

Die Maties bevind hulle in die eerste plek op die punteleer, terwyl die Ikeys in die vyfde plek is. Maar Maandag se wedstryd wat op die berugte Green Mile, bekend vir sy winderige toestande, beslis word, sal dalk die guns in Ikeys se guns swaai.

Veral hulle lostrio van Nyasha Tarusenga, Luke Stringer en die kaptein Jason Klaasen voorspel gevaar vir die Stellenbossers.

Die Maties het sedert hulle in die openingswedstryd van die toernooi teen die Tukkies in Pretoria vasgeval het, nog nie weer verloor nie. Dit maak van die Maties ’n gevaarlike span met selfvertroue, wat boonop ook oor baie momentum beskik.

Spanne –
Ikeys:
15. Lohan Lubbe, 14. Rayno Mapoe, 13. Tristan Mouton, 12. Rico Lategan, 11. Joel Smith, 10. Rob Anderson, 9. Stefano de Gouveia, 8. Nyasha Tarusenga, 7. Luke Stringer, 6. Jason Klaasen (kapt.) 5. Gary Porter, 4. Duncan Saffy, 3. Michael Kumbirai, 2. Cuan Hablutzel, 1. Wayrin Losper. Bank: 16. Martin Chandler, 17. William Day, 18. Lee-Marvin Mazebuko, 19. Nama Xaba, 20. Sanele Malwane, 21. Hillo de Abreu, 22. Suwi Chibale, 23. Gerard Pieterse.
Maties: 15. Craig Barry (kapt.), 14. Duncan Saal, 13. Michal Hazner, 12. Christiaan Smit, 11. Edwill van der Merwe, 10. Chris Smith, 9. Brendon Nell, 8. Devon Nash, 7. Kobus van Dyk, 6. Saud Abrahams, 5. Johan Momsen, 4. Ernst van Ryn, 3. JE van der Merwe, 2. Craig Corbett, 1. Niel Oelofse. Bank: 16 Freddie Kirsten, 17 Wesley Adonis, 18 Wikus Groenewald, 19. Mitchell Carstens, 20. Stephan Streicher, 21. Paul de Wet, 22. Douglas Steyn, 23. Tiaan Swanepoel.

Afskop: 16:45 (Regstreeks op SuperSport)

Aartsvyande sal geen genade gee of vra nie

In Bloemfontein kom twee tradisionele aartsvyande teen mekaar te staan wanneer die Shimlas en die Pukke mekaar pak – nóg ʼn Intervarsitystryd.

Van die dae toe Intervarsity nog die hoogtepunt op studenterugbyspelers se kalenders was, gryp die kragmetings tussen die Vrystaters en Noordwesters die verbeelding aan.

Maandag is geen uitsondering nie, met die Shimlas wat tweede op die punteleer, een posisie bo die Pukke, lê.

Albei spanne hou van hardloop en die verwagting is dat Maandag se wedstryd nie op ’n nat veld beslis sal word nie, wat beteken dat toeskouers vermaak kan word.

Die Shimlas se heelagter Sechaba Motsoele en die senter en kaptein Stephen Janse van Rensburg is bekend as vaardige spelers, terwyl die besoekers se vleuel Jimmy Mpailane en die senter Elden Schoeman self amok met die bal in die hand kan maak.

Maar ’n oorwinning sal deur die span wat die druk die beste kan verwerk en foute tot die minimum beperk behaal word.

Albei spanne se stelskoppers, die Shimlas se Marco Mason en die Pukke se Schalk Hugo, se visiere is hierdie jaar ingestel en hulle sal foute van die opposisie uitbuit.

Spanne –
Shimlas:
15. Sechaba Motsoele, 14. Gladman Maqina, 13. Lihleli Xoli, 12. Stephen  Janse Van Rensburg (kapt.), 11. Marco Mason, 10. Niell Stannard, 9. Dian Badenhorst, 8. Bernardus Erasmus, 7. Phumzile Maqondwana, 6. Daniel Maartens, 5. Nicolaas Immelman, 4. Raymond Woest, 3. Ruan Kramer, 2. Hanno Snyman, 1. Johan Kotze. Bank: 16. Francois Steyn, 17. Kwenzokuhle Blose, 18. Thabiso Msiza, 19. Ruben Schoeman, 20. Musa Mahlasela, 21. Armand Pretorius, 22. Charl Naude, 23. André Kotzenberg.
Pukke: 15. Tapiwe Mafura, 14. Jimmy Mpailane, 13. Elden Schoeman, 12. Jaap Pienaar, 11. Justin Newman, 10. Schalk Hugo, 9. Chriswill September, 8. Marno Redelinghuys (kapt.), 7. Loftus Morrison, 6. Marcell Henn, 5. Walt Steenkamp, 4. Jaco Swanepoel, 3. Kabelo Motloung, 2. Louis van der Westhuizen, Dolf van Deventer. Bank:  16. Dane van der Westhuizen, 17. Dewald Dekker, 18. Morné Strydom, 19. Estehan Visagie, 20. Wandile Mazibuko, 21. Julian Delicado, 22. Nkululeko Mcuma, 23. Lungelo Gosa.

Afskop: 19:00 (Regstreeks op SuperSport)

UJ vol selfvertroue vir stryd in Rosestad

Die segelose Ixias speel Maandag gasheer vir die UJ wat vol selfvertroue Bloemfontein toe sal reis nadat hulle verlede week vir Tuks geskok het.

Die Johannesburgers sal ná daardie oorwinning glo dat hulle steeds binne trefafstand is om ’n plek in die uitspeelrondes te verseker. Die losskakel Divan Nel en die flank Wian Conradie het verlede week ’n barshou gespeel en sal Maandag daarop wil voortbou.

Slaag die kaptein en haker Johannes Snyman weer soos verlede week daarin om met akkurate ingooie sy springers in die lynstane te vind, kan dit ’n vername aanvalswapen vir die besoekers bied.

Dit is nou die ideale geleentheid vir die Ixias om te wys dat hulle wel met die spanne in dié kompetisie kan saamgesels. In die heelagter Darren Adonis en die skakelpaar Ruben Heymans en Martin Jacobs het hulle wel spelers wat oor die nodige vaardighede beskik, maar om te wen sal ’n spanpoging soos min verg.

Spanne –
Ixias:
15. Darren Adonis, 14. Luvuyo Ndakisa, 13. Ruan Wasserman, 12. Johan Nel, 11. Waldo Putter, 10. Martin Jacobs, 9. Ruben Heymans, 8. Stefan Kruger, 7. Vincent Maruping, 6. Dean Rossouw (kapt.), 5. André Venter, 4. Kian Skippers, 3. Henco Smit, 2. Bester Olivier, 1. Jean Volkwyn. Bank: 16. Kyle Ess, 17. Kabous van Schalkwyk, 18. Gabriel du Toit, 19. Burger van Niekerk, 20. Dian Dry, 21. Dean Jacobs, 22. Denver Kleu, 23. Brendan Verster.
UJ: 15. Ewan Adams, 14. Peter John Walters,13. Aphiwe Dyanti, 12. Jaco Fourie, 11. Godfrey Ramaboea, 10. Divan Nel, 9. Johan Esterhuizen, 8. Leon Massyn, 7. Adrian Bester, 6. Wian Conradie, 5. Estian Enslin, 4. Reinhaardt  Nothnagel, 3. Nico du Plessis, 2. Johannes Snyman (kapt.), 1. Waldo Weideman. Bank: 16. Le Roux Baard, 17. Kyle Kruger, 18. Chergin Fillies, 19. Jo Hanco de Villiers, 20. Siyabonga Luwaca, 21. Kevin du Randt, 22. Devon Maree, 23. Carlisle Jordan.

Afskop: 18:30

Wits teen gekweste Tuks

Wits reis na Pretoria vir hulle kragmeting Maandagaand teen Tuks in wat nóg ʼn Intervarsitystryd in die oudae was, met die wete dat hulle moet wen om steeds ’n kans te staan om die uitspeelrondes te haal.

Maklik sal dit nie wees nie. Tuks is gewond na hulle neerlaag verlede week teen die UJ en weet hulle moet wen om hulle veldtog weer op koers te kry.

Maar die Johannesburgers het twee weke gelede ’n spoggerige vertoning opgedis om die Ixias te wen.

Die Pretorianers is egter ’n gedugte kombinasie met die heelagter Divan Rossouw, die senter Impi Visser en die losskakel Tinus de Beer wat die gang van ’n wedstryd in ’n oogwink kan verander.

Maar Wits het self sterre agterlangs met die vleuel Wandisile Simelane en die kaptein en losskakel Warren Gilbert wat sukses vir die Johannesburgers kan verseker.

Spanne –
Tuks:
15. Divan Rossouw, 14. Dewald Naude, 13. Toko Maebane, 12. Impi Visser, 11. Sibahle Maxwane, 10. Tinus de Beer, 9. Rian Warner, 8. Juan-Re Swanepoel, 7. Chris Massyn (kapt.), 6. Eduan Lubbe, 5. Brian Leitch, 4. Aston Fortuin, 3. Neethling Fouche, 2. Jan-Henning Campher, 1. Andrew Beerwinkel. Bank: 16. Theuns Reynolds, 17. Jaco Holtzhausen, 18. Marius Verwey, 19. Denzel Hill, 20. Theo Maree, 21. Joshua Stander, 22. Manie Libbok, 23. Franco van den Berg.
Wits: 15. Luxolo Ntsepe, 14. Kwanele Ngema 13. Joshua Jarvis, 12. Brandan Hewitt, 11.Wandisile Simelane, 10. Warren Gilbert (kapt.), 9. Ruan Cloete, 8. Constant Beckerling, 7. Conor-Terrah Brocksmidt, 6. Ruan Macdonald, 5. Rhyno Herbst, 4. Graham Logan, 3. Luvuyo Pupuma, 2. CJ Conradie, 1. CJ Greeff. Bank: 16. Justin Brandon, 17. Brandon Palmer, 18. Pascal Snyman, 19. Jethro de Lange, 20. Karl Erasmus, 21. Manuel Rass, 22. Dean Lombard, 23. Ameer Williams.

Afskop: 18:30

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.