Oud-Bolander speel slot vir die Franse

Bernard le Roux (Foto: FFR)

Dit gebeur deesdae al hoe meer dat slotte as flank gekies word.

Dink maar aan Pieter-Steph du Toit en Franco Mostert – maar die Franse doen dit andersom.

Die Franse afrigter, Jacques Brunel, het vyf veranderings aan die span (wat met 11-52 in die eerste toets teen die All Blacks in Auckland verloor het) aangebring vir Saterdag se tweede toets in Wellington.

Die grootste verrassing is die insluiting van die oud-Bolandse flank Bernard le Roux, wat slot speel teen die wêreld se kampioenspan.

Le Roux het in 2009 vier keer vir die Boland Kavaliers gespeel voordat hy deur die destydse Springbokafrigter Jake White aangeraai is om in 2010 na die Lions in Johannesburg te skuif. Maar die aand voordat hy die kontrak in Johannesburg geteken het, het die Franse klub Racing 92 hom oortuig om eerder na Frankryk te skuif en ná 31 toetse vir die Hane, is die res geskiedenis.

Agterlangs het Brunel ook ʼn paar van die spelers wie se verdediging hulle in die eerste toets in die steek gelaat het, gepos.

Die All Black-afrigter, Steve Hansen, het sy groep netso behou, en wat onrusbarend vir die Franse moet wees, is dat hy wil hê dat die All Blacks die tempo verder moet lig en die skroewe stywer moet aandraai.

Die spanne –

Nieu-Seeland

15 Jordie Barrett, 14 Ben Smith, 13 Anton Lienert-Brown, 12 Ryan Crotty, 11 Rieko Ioane, 10 Beauden Barrett, 9 Aaron Smith, 8 Luke Whitelock, 7 Sam Cane, Liam Squire, 5 Scott Barrett, 4 Sam Whitelock (kaptein), 3 Owen Franks, 2 Codie Taylor, 1 Joe Moody. Bank: 16 Nathan Harris, 17 Karl Tu’inukuafe, 18 Ofa Tu’ungafasi, 19 Vaea Fifita, 20 Ardie Savea, 21 TJ Perenara, 22 Damian McKenzie, 23 Ngani Laumape.

Frankryk

15 Benjamin Fall, 14 Teddy Thomas, 13 Mathieu Bastareaud (kaptein), 12 Geoffrey Doumayrou, 11 Gael Fickou, 10 Anthony Belleau, 9 Morgan Parra, 8 Kelian Gourdon, 7 Kélian Galletier, 6 Mathieu Babillot, 5 Yoann Maestri, 4 Bernard Le Roux, 3 Uini Atonio, 2 Camille Chat, 1 Dany Priso. Bank: 16 Pierre Bourgarit, 17 Cyril Baille, 18 Cedate Gomes Sa, 19 Paul Gabrillagues, 20 Alexandre Lapandry, 21 Baptiste Serin, 22 Jules Plisson, 23 Maxime Médard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.