Oud-Bothaviller druk verste drie in verre Spanje

Juandré Kleynhans (Foto: Facebook)

ʼn Gewese Bothaviller moes Saterdag in die verre Spanje die verste in sy loopbaan nael en pypkan om ʼn drie te druk.

Juandré Kleynhans, die heelagter van Getxo Artea, het in sy eie 22 m-gebied weggespring en regdeur die opposisiespan gehardloop vir sy drie.

Getxo het sy promosie-relegasiewedstryd (die eerste van twee) in die Spaanse Liga van Eer teen Burgos met 47-19 gewen.

Kleynhans, ʼn gewese o.21-speler van die Griffons, het 17 punte vir die wenspan behaal deurdat hy ook met ses uit sewe doelskoppe geslaag het.

Hier is ʼn YouTube-skakel na beeldmateriaal van sy drie: https://youtu.be/XPqClTMgmQE.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

Mooi ou seun, veral ook omdat jy nie dat die plaaslike kwota stelsel jou onder gekry het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.