Oud-Bulls-breier se Tsjegge 2 beter op ranglys

Phil Pretorius en Pavel Chaloupka, die president van die Tsjeggiese Rugbyunie, ná die ondertekening van hul ooreenkoms. (Foto: Martin Flousek)

ʼn Gewese Bulls-breier het skaars die Tsjegge se afrigting oorgeneem, of hulle verbeter met twee plekke op Wêreldrugby (WR) se ranglys.

Die Tsjeggiese Republiek het sy eerste toets onder Phil Pretorius se leiding gewen deur Pole in Praag in ʼn strawwe kragmeting met 19-14 te klop.

Dit het hom van 32ste tot 30ste op die ranglys laat vorder.

Nóg ʼn Pretorianer, Blikkies Groenewald, het die Poolse span die afgelope twee jaar help slyp, en die land bygestaan om ʼn eie afrigtingstruktuur te vestig.

Die Tsjegge was rustyd met 6-3 voor, maar die voortou het in die eerste 14 minute van die tweede helfte vier keer van hande verwissel.

Die wendrie is tien minute voor die einde gedruk.

In nog ʼn toets in die eerste ronde van die Europese reeks het Israel, wat deur die gewese Ikey-afrigter Kevin Musikanth gebrei word, in Split met 17-21 teen Kroasië verloor.

Die Kaapse studente het met Musikanth as afrigter die Varsitybeker gewen.

Ander uitslae –

Slowenië 30, Serwië 21; Denemarke 24, Noorweë 12; Malta 52, Bosnië & Herzegovina 20; Oekraïne 29; Swede 8; Litoue 33, Letland 19.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

kollie ·

Ek sien uit na die dag wanneer rugby werlik ‘n wereldsport soos sokker word waar dit moontlik is dat ‘n span wat 50ste op die ranglys is, die top tien spanne kan klop (of ten minste hoogs mededingend is).

Abri ·

Wonderlik MM, dankie dat jul beriggewing doen oor ander onbekende lande se rugby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.