Oud Bulls-slot kan deur Franse klub gepos word

Hendré Stassen. Foto:twitter.com/archysportcom1.

Die voormalige slot van die Vodacom Bulls, Hendré Stassen, is in die sop nadat hy glo positief vir verbode middels getoets is.

Die 21-jarige Stassen, wat vir Heyneke Meyer se Stade Francais in Frankryk speel, is ná ’n wedstryd teen Montpellier in die Top 14-liga getoets.

Hy het intussen ook aangevra dat ’n B-monster getoets word, maar volgens die Franse koerant L’Equipe is dié monster ook positief getoets vir hoë vlakke van testosteroon.

Hy staar nou die moontlikheid in die gesig om vir vier jaar uit die spel geskors te word terwyl die kanse groot is dat Stade Francais hom in die pad kan steek.

Om verdere sout in sy wonde te vryf, word hy in Suid-Afrika ondersoek omdat hy na bewering glo ’n tandarts buite ’n Pretoriase nagklub aangerand het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lekker lag ·

Gebruik al van skool af. Ongelukkig lei dit na allerhande probleme. Die tandarts was nie die eerste geval waar geboks is nie. Ongelukkig laat ouers die tipe ding toe en dan word belowende loopbane vernietig.

@Lekker lag ·

Mooi toekoms in sy peetjie. Maar dan weer, was daar werklik ‘n toekoms as dit gebou is op ‘n onregverdige voorsprong agv verbode middels?
Loop maar eerder die ‘straight and narrow’, dit het minder komplikasies.

Lekker lag ·

Heeltemal waar. Baie jammer vir hom hy is ‘n great speler. Moes beter leiding gehad het.

sweis ·

Ek was onder die indruk almal “juice” van hoër skool af

Buffel ·

Sekere hoerskole se afrigters en ouers “turn a blind eye”. Sommige seuns se ouers koop die pushers in die gyms leeg om vir boetie ‘n plek in die eerste span of craven week te verseker. Ek het outjies gesien wat tussen 16 en 18 jaar ouderdom 25 kg meestal spier massa optel. Top skole toets self seuns en sal die gebruik nooit toelaat nie.

Nico ·

Bulle nou seker bly dat die street fighter wat nie lojaliteit ken nie, nie meer op hul “pay-roll” is nie. Kan ek die voorsitter by die verhoor wees want ek wil hom lewenslank skors. Die naaste wat hy weer met rugby te doen moet kry moet voor die TV in sy ma se TV kamer wees.

Spark Plug ·

Hou hom maar daar as water draer…ons het hom nie nodig hier by ons rugby nie

George in Bloem ·

Jinne mense. Die outjie is maar 21 jaar oud en eintlik maar net ‘n jong seun wat erg drooggemaak het. Gee hom tog ‘n kans om reg te maak wat hy verbrou het? Wie van ons was nie vinnig met die vuiste en kansvat hier en daar toe ons daai ouderdom was nie? Komaan,gee die laaitie ‘n kans man. As ons Vader ons so moes oordeel soos almal nou die jong man oordeel,het ons almal reguit hel toe gegaan.

Waarsku ander jong mans ook ·

Stem saam, moenie oordeel nie, want hy is jonk. Maar terselftertyd moet mens nie die ooglopende miskyk nie – daar is ‘n siek tendens van verbode middel misbruik onder jong rugbyspelers; dit word nie gestop of genoeg veroordeel op skoolvlak nie en dit het vernietigende gevolge vir jong mans. Dit behoort sterk aangespreek te word en skole waar dit toegelaat word, behoort uitgesluit te word om deel te neem. Dit is ouers en onderwysers se plig om hierdie tipe misbruik in skolerugby te verhoed en ten sterkste te veroordeel. Hy is nie die eerste of laaste seun/jongman wat verbode middels gebruik het nie. Gaan kyk maar hoe lyk sommige seuns van verbode middels gebruik. Alles in ag genome, is daar ‘n hele paar gesagsfigure wat hom gefaal het en hom nie die regte leiding gegee het nie.
En bolle rol agter die fietsloods is iets anders as om iemand se kakebeen af te slaan; steroids het waarskynlik daar ook ‘n rol gespeel.
Die gevolge wat hom nou in die gesig staar, is waarskynlik die keerpunt wat nodig is vir hom om ‘n ander, beter pad met sy lewe te begin loop. Daarmee hoop ek, is hy 100% suksesvol.

Boerseun ·

Te veel testosteroon,hmmm. Ek ken iemand anders wat ook te veel het so hoe kan hy dan nou vir 4 jasr geskors wil word. As sekere atlete dit natuurlik het hoekom kan ander dit nie aanvul nie? Dan is almal mos op selfde vlak.

kolla ·

Hoe’s dit moontlik dat nulle spelers opkikkers gebruik en steeds so pateties speel?

Swartwolf ·

Hoe is dit moontlik dat stompie ondersteuners so dof is ?

Stier ·

Lees weer nar hy speel vir ‘n franse klub. Patetiese aanmerking.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.