Oud-Griffon hou Spaanse telborde aan ‘t rol

Adam Wessels (Foto: Rugbymeet)

Adam Wessels (Foto: Rugbymeet)

`n Gewese losskakel van die Griffons en die SWD Arende hou steeds die Spaanse telborde aan die rol.

Hansie Graaf het Saterdag 13 punte vir sy span, Silverstrom El Salvador, teen Hernani CRE in die Spaanse Liga van Eer aangeteken deur met vyf doelskoppe en `n strafdoel te slaag.

El Salvador het die wedstryd teen Hernani CRE 48-7 gewen.

Graaff het in die vorige twee wedstryde onderskeidelik 12 en 19 punte behaal.

Italiaanse Super 10-liga

 Adam Wessels (slot), wat Vodacombekerrugby vir Grens en die Sharks-vyftiental gespeel het, het Saterdag `n drie vir San Dona gedruk in sy sege van 30-22 in die Italiaanse Super 10-liga oor die heersende kampioen, Rovigo.

Die Blitsbok Stefan Basson het sewe punte met twee doelskoppe en `n strafdoel vir Rovigo bygedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae