`n Gewese losskakel van die Griffons en die SWD Arende hou steeds die Spaanse telborde aan die rol.
Hansie Graaf het Saterdag 13 punte vir sy span, Silverstrom El Salvador, teen Hernani CRE in die Spaanse Liga van Eer aangeteken deur met vyf doelskoppe en `n strafdoel te slaag.
El Salvador het die wedstryd teen Hernani CRE 48-7 gewen.
Graaff het in die vorige twee wedstryde onderskeidelik 12 en 19 punte behaal.
Italiaanse Super 10-liga
Adam Wessels (slot), wat Vodacombekerrugby vir Grens en die Sharks-vyftiental gespeel het, het Saterdag `n drie vir San Dona gedruk in sy sege van 30-22 in die Italiaanse Super 10-liga oor die heersende kampioen, Rovigo.
Die Blitsbok Stefan Basson het sewe punte met twee doelskoppe en `n strafdoel vir Rovigo bygedra.