Oud-Kings-slot ná voorarmhou geskors

ʼn Gewese slot van die Kings is Woensdag geskors ná ʼn voorval in ʼn Pro14-kragmeting Saterdag tussen Benetton Treviso en die Walliese streekspan Scarlets in Llanelli, Wallis.

Irné Herbst, wat deesdae vir dié Italiaanse klub uitdraf, het hom ʼn rooi kaart op die hals gehaal toe hy in ʼn losskrum ingedons het.

Die Walliesers het met 38-29 gewen.

Herbst is Woensdag deur ʼn tugkomitee daaraan skuldig bevind dat hy ʼn teenstander met sy voorarm getref het.

Hy is vir vier weke geskors, maar dit is tot twee verminder op grond van sy optrede tydens die verhoor, sy skoon rekord, en sy aanvaarding van die rooi kaart.

Die skorsing verstryk middernag op 30 September.

Dit beteken Herbst sal weer beskikbaar wees vir Treviso se tuiswedstryd op 6 Oktober teen sy ou span, die Kings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wesley ·

En Read loop rond asof niks gebeur het met Flo in daai laaste paar minute Saterdag? Skande…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.